# Die president van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie Zingiswa Losi, waarsku teen onenigheid binne die alliansie en doen ‘n beoep op die ANC en SAKP om nie ‘n wig tussen werkers in te dryf nie. Die SAKP het besluit as ‘n onafhanklike party aan die 2026 plaaslike verkiesing deel te neem en voer as redes aan […]
# ActionSA in Gauteng sê hy is bekommerd oor die toenemende waterkrisis wat gemeenskappe in Westbury, Westdene, Coronationville en omliggende gebiede in Johannesburg raak. Die Kommando-stelsel wat water aan ʼn groot deel van die metro voorsien, is onder druk weens groter aanvraag, beperkte voorsiening en infrastruktuurbeperkings. Dit laat baie gemeenskappe sonder bestendige watervoorsiening, wat tot […]
# President Donald Trump van Amerika sê die weermag het ʼn aanval uitgevoer op ʼn vermeende Venezolaanse dwelmvaartuig wat in internasionale waters op pad was na Amerika. Drie mans is in gister se aanval dood. Dit volg na ʼn soortgelyke aanval vroeër die maand waarin elf mense dood is. Trump sê hierdie uiters gewelddadige dwelmkartelle […]
# Die DA vra die regterlike dienskommissie om dringend aandag te gee aan klagtes van omkopery teen ‘n regter van die Hooggeregshof in Johannesburg. ‘n Sakeman en prokureur van Heidelberg, Bouwe Wiersma, het ‘n formele klagte ingedien. Hy beweer ‘n regter het aanvanklik sewe-duisend-rand versoek om verlof tot appèl toe te staan teen ‘n uitsettingsbevel. […]
# Rugby: Die Franse flank Axelle Berthoumieu is vir 12 wedstryde geskors na sy ‘n Ierse teenstander, Aiofe Wafer, gebyt het tydens Sondag se kwarteindstryd van die Vroue-Wêreldbekertoernooi in Exeter, Engeland. Die 25-jarige het erken sy het ‘n rooikaart-oortreding begaan, maar gaan teen die lengte van die skorsing. Die skorsing beteken Berthoumieu is uit vir […]
# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu weier om nog aanvalle op Hamas-leiers uit te sluit en sê terroriste sal nêrens gevrywaar wees nie. Israel het verlede week Hamas-leiers in Katar, ʼn Amerikaanse bondgenoot, aangeval en vyf mense doodgemaak. Vyf was lede van die militante groep en een ʼn weermaglid van Katar. Netanyahu het gister […]