# Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika het vir die hooftrekking van die Franse Ope gekwalifiseer na hy die veteraan Marin Cilic van Kroasië in sy laaste kwalifiserende wedstryd geklop het. Cilic het die Amerikaanse Ope in 2014 gewen en was die wêreld nommer-drie. Harris het die afgelope tyd met beserings gesukkel wat hom van 31 […]
# Die EFF verwerp die beleid wat die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnolgie, Solly Malatsi, in die Staatskoerant afgekondig het. Die party sê dit verskaf ‘n agterdeur vir buitelandse maatskappye soos Elon Musk se Starlink om Suid-Afrika se swart bemagtigingswetgewing te omseil onder die dekmantel van die Ekwiteit-Ekwivalente Beleggingsprogram. Thembi Msani van die EFF […]
# ‘n Regter het ‘n tydelike verbod uitgereik wat die Trump-administrasie se plan blokkeer om Harvard Universiteit te keer om buitelandse studente in te skryf. Die uitspraak is die jongste in ‘n dispuut tussen die Withuis en een van Amerika se mees gesogte instellings. Die bevel keer ‘n poging deur die Departement van Binnelandse Veiligheid […]
# Tennis: Novak Djokovic is op die punt om sy 100ste toervlaktitel in te palm na hy Cameron Norrie gister met 6-4, 6-7 6-1 in die halfeindstryd van die Genève Ope geklop het. ‘n Oorwinning in vandag se eindstryd teen die sesde gekeurde Pool, Hubert Hurkacz, is die perfekte voorbereiding vir die Franse Ope wat […]
# Die Suider-Afrikaanse Toerismedienstevereniging het hoë tevredenheid onder besoekers en die volle herstel van Amerikaanse reise na Suid-Afrika rapporteer, met 372-duisend-362 aankomste in 2024, wat ooreenstem met vlakke voor die pandemie. Die uitvoerende hoof David Frost sê alhoewel uitdagings soos misdaad bestaan, word toeriste se veiligheid geprioritiseer. Te midde vansterk openbare-privaat veiligheidspogings, doen Frost a […]
# COSATU het by miljoene regoor die vasteland aangesluit om Afrikadag 2025 te herdenk, Afrika se bevrydingstryd te vereer en solidariteit met onderdrukte nasies te bevestig. Woordvoerder Zanele Sabela het steun vir Eswatini, Zimbabwe, Kameroen, Soedan en die Demokratiese Republiek die Kongo beklemtoon. Sabela het koloniale ongeregtighede in Palestina en Wes-Sahara veroordeel. Sy doen ‘n […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die jongste misdaadstatistieke toon wel ‘n effense verbetering, maar Suid-Afrika is steeds in die greep van ‘n ernstige misdaadkrisis. Die party is bly oor die daling van 12,4-persent in moorde en die afname van 15-persent in motorkapings tussen Januarie en Maart. Wouter Wessels van die VF Plus het vordering onder […]
# ‘n Vrou wat na bewering voorgegee het dat sy ‘n pasiënt was om twee pasgebore babas uit die Dora Nginza-hospitaal in die Oos-Kaap te ontvoer, is Vrydag weer terug in die New Brighton-landdroshof. Sinovuyo Rabula het na bewering gemaak of sy buikpyn het om toegang tot die kraamsaal te kry voordat sy Dinsdag met […]