# Die ANC sê hy gaan voort om te bewys hy is gereed om met alle parlementêre rolspelers te beraadslaag wat op nasionale belang, openbare aanspreeklikheid en die bevordering van ekonomiese herstel fokus. Die party se onderhandelingspan onder leiding van sekretaris-generaal Fikile Mbalula het met ActionSA vergader om die dooiepunt oor die BTW-verhoging aan te […]
# President Luis Abinader van die Dominikaanse Republiek het drie dae van rou afgekondig nadat ʼn nagklub se dak Dinsdagoggend in Santo Domingo ingestort het. Dit dodetal ná die ramp by die Jet Set-klub het tot 124 gestyg en reddingswerkers probeer steeds oorlewendes onder die puin vind. Die sanger Rubby Pérez, en gewese Major League-basketbalspelers, Octavio […]
# Sokker: Orlando Pirates is die eerste keer sedert 2013 deur na die CAF-Kampioeneliga se halfeindronde. Dit volg op ‘n doellose gelykopstryd teen die Algerynse klub, MC Alger, in die tweede kragmeting op die Orlando-stadion. Die Buccaneers dring deur met ‘n gemiddeld van 1-0 nadat hulle Vrydag se eerste wedstryd 1-0 gewen het. Pirates speel […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ontken sy lede is Dinsdag tydens die #JusticeForCwecwe-optog in Matatiele in die Oos-Kaap ontplooi. Die optog volg na die beweerde verkragting van ʼn sewejarige meisie, bekend as Cwecwe, by die Bergview College in Oktober 2024. Inwoners het die opvallende teenwoordigheid van gewapende soldate tydens die optog gekritiseer. Die weermagwoordvoerder, Siphiwe […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 10 April 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, oorweeg dit om sy voertuigbedryf-aansporingskema uit te brei om byna 500-miljard-rand van die land se vervaardigingsektor te beskerm teen die Amerikaanse tariewe. # En die Netwerk24-webblad: Berig eerstens president Donald […]
# Die Wall Street-bank, Goldman Sachs, waarsku die Amerikaanse ekonomie kan steeds in ʼn resessie verval, selfs nadat president Donald Trump tariewe op spesifieke lande vir 90 dae opgehef het. Tydens die opheffing sal ʼn universele tarief van tien-persent geld, maar Trump het tariewe vir China tot 125-persent verhoog. Goldman Sachs se ekonome voorspel die […]