# ActionSA se Vroueforum sê ongereguleerde kinderversorgingsfasiliteite word steeds bedryf sonder die nodige sertifisering of nakoming van veiligheidstandaarde in die land. Modiehi Mashaba van die forum sê die tragiese dood van vier kinders Maandag in ‘n brand in Mayfair, Johannesburg, beklemtoon die sistemiese mislukking om kinders teen onveilige omgewings te beskerm. Sy sê geen kind […]
# Die hoof van die VN sê die hulp wat Israel in Gaza toegelaat het, is slegs ‘n druppel in die emmer, terwyl ‘n vloedgolf hulp benodig word. Hy het gewaarsku dat meer mense sal sterf tensy daar vinnige, betroubare, veilige en volgehoue toegang tot hulp is. Israel sê ongeveer 300 hulpvragmotors is deurgelaat sedert […]
# Rugby: Die Franse vleuel Damian Penaud is in Bordeaux-Begles se opdrafspan vir vandag se Kampioenebeker-eindstryd teen Northampton in Cardiff. Penaud was op die kantlyn met ‘n enkelbesering sedert die halfeindstryd-oorwinning oor Toulouse vroeër die maand. Die 28-jarige het hierdie seisoen 21 drieë vir die klub en Frankryk gedruk en vorm ‘n gevaarlike vennootskap met […]
# Die GOOD-party het teleurstelling uitgespreek oor die staat se besluit om voorlopig die bedrogklagte van een-miljard-rand teen die voormalige burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings van Kaapstad, Malusi Booi, en die vermeende bendebaas, Ralph Stanfield en ander terug te trek. Die party sê die stap wek ernstige kommer oor die Nasionale Vervolgingsgesag se vermoë om ingewikkelde […]
# Saftu eis volle openbaarmaking van alle ooreenkomste wat by ‘n vergadering van Suid-Afrika en Amerika gesluit is. Die vakbond se woordvoerder, Newton Masuku, sê die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi het aangekondig dat die regering die 30-persent swartbemagtigingsvereiste sal ophef sodat Elon Musk se Starlink in die Suid-Afrikaanse mark ‘n vastrapplek […]
# Die GOOD-party sê die bewerings van volksmoord op plase wat aan die land se moordkoers verbind word, is nie waar nie. Die jongste polisiemisdaadstatistiek toon dat 25-duisend-423 mense in slegs 12 maande vermoor is. Die sekretaris-generaal van die GOOD-party, Brett Herron, sê van die moorde was net 358 op plase. Hy sê slegs 42 […]
# Billy Joel se komende toerdatums is gekanselleer, met die legendariese kunstenaar wat behandeling ontvang vir normale drukhidrosefalus, ‘n toestand wat die brein aantas. Volgens ‘n verklaring op sy Instagram-blad is Joel se toestand vererger deur onlangse konsertoptredes, wat gelei het tot probleme met gehoor, sig en balans. Hy ondergaan fisioterapie en is aangeraai om […]
# Krieket: ‘n Gewese kaptein van Engeland, Michael Vaughan, glo plaasvervangers in ‘n eerste toetsbeurt moet toegelaat word om te kolf en te boul en nie net om veldwerk te doen nie. Zimbabwe se voorste naatbouler, Richard Ngarava, is Donderdag beseer nadat hy net nege boulbeurte afgestuur het in die eenmalige toets teen Engeland op […]