# Die Malaka-familietrust het die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, te midde van omkoperybewerings verdedig. Die trust sê die 60-duisend-rand wat aan die Daily Maverick-joernalis, Pieter-Louis Myburgh, aangebied is, het van trustwoordvoerder Phasha Makgolane gekom, nie Malaka nie. Die exposé toon beweerde pogings om Myburgh om te koop te midde van ondersoeke […]
# Meer as een-duisend-200 vroulike wetstoepassers marsjeer vandag van Tshwane-huis na die Uniegebou in Pretoria om die 69ste herdenking van die historiese 1956-vroue-optog teen apartheidspaswette te vier. Vanjaar se Vrouemaand-tema, ‘Die bou van veerkragtige ekonomieë vir almal‘, vra vir groter vroulike verteenwoordiging en leierskap in die ekonomie. Die beamptes eis ook meer vroue in hoë […]
# Die minister van die Omgewing, Bosbou en Visserye, Dion George, het die 2017-besluit gehandhaaf wat Eskom omgewingsmagtiging verleen het om ‘n nuwe kernkragsentrale in Duynefontein, Wes-Kaap, te bou. Die minister het die Omgewingstudie en ‘n onafhanklike portuuroorsig laat hersien voordat hy die appèlle van die hand gewys het. Ondanks die besluit moet Eskom steeds […]
# Die families van twee vroue wat in Polokwane doodgeskiet en in ‘n varkhok gegooi is, het die vryspreking van Rodulph De Wet veroordeel. Die 20-jarige plaasopsigter is nou ‘n staatsgetuie in die 2024-moorde op Maria Makgato en Lucia Ndlovu. Die vroue is na bewering geskiet terwyl hulle na kos op die plaas gesoek het. […]
# Die omgewingsaktiviste Makoma Lekalakala van Earthlife Africa en Liziwe McDaid van Green Connection is sterk gekant teen die minister van die Omgewing, Dion George, se goedkeuring van ‘n nuwe kernkragsentrale by Duynefontein in die Wes-Kaap. Hulle noem hoë koste, veiligheidsrisiko’s, oprigtingsvertragings en die afwesigheid van radioaktiewe afvaloplossings. Lekalakala dring aan op ‘n mensgedrewe energieplan […]
# Sokker: Die sokker-oorplasingsmark is in volle swang met klubs regoor Europa wat stappe doen om hul spanne te versterk. Benjamin Sesko se oorplasing na Manchester United van RB Leipzig is amper voltooi, met die doelskieter wat na bewering vir ‘n mediese ondersoek wag. Elders is Liverpool glo in gesprek om ‘n konttak vir Alexander […]
# Eskom sê die kragnetwerk is steeds betroubaar, sonder beurtkrag sedert 15 Mei. Eskom-woordvoerder Daphne Mokoena sê die opwekkingsvermoë staan op byna 30-duisend-megawatt, genoeg om aan die huidige vraag te voldoen. Onbeplande onderbrekings het danksy die Opwekkingsherstelplan gedaal tot elf-duisend-170 megawatt. Sy sê die Energiebeskikbaarheidsfaktor het verbeter, en Eskom beplan om binnekort drie-duisend-280-megawatt weer in […]