# Nog tien lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n offisier van die Valke, Frans Mathipa. Altesaam 12 mense is nou aangekeer. Die betrokke tien lede het hulself oorgegee aan die Valke in Johannesburg en sal binnekort in die Landdroshof in Randburg verskyn. Mathipa is […]
# ‘n Erge koue front sal die Wes- en die Noord-Kaap na verwagting vanaf Woensdag tot Vrydag tref. ‘n Voorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Lehlohonolo Thobela, sê wanneer die stelsel ooswaarts beweeg, sal sterk wind die Oos-Kaap en binnelandse provinsies beïnvloed:
# Olimpiese Spele: Die eerste vroue-president van die Internasionale Olimpiese Komitee, Kirsty Coventry, het beloof om die Spele te versterk en sy invloed uit te brei toe sy die rol oorgeneem het in Lausanne, Switserland. Die 41-jarige voormalige Zimbabwiese Olimpiese swemkampioen volg Thomas Bach van Duitsland op na 12 jaar. Coventry sê sy is geëerd […]
# Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, sê volgehoue wanfunksie in plaaslike regerings, belemmer ekonomiese groei in Suid-Afrika. Maluleke het tydens ‘n oorsig van die Witskrif oor Plaaslike Regering van 1998 munisipaliteite aangespoor om oudituitkomste ernstig op te neem, en koppel swak finansiële bestuur aan diensleweringsmislukkings. Maluleke waarsku nie-nakoming en onbetroubare prestasieverslae ondermyn openbare vertroue en belegging. […]
# Sokker: Orlando Pirates het die Marokkaan, Abdeslam Ouaddou, as sy nuwe hoofafrigter vir die komende seisoen aangestel. Hy neem oor by José Riveiro, wat na drie suksesvolle jare, by Al Ahly aangesluit het. Dit word verwag dat Ouaddou, wat 68 internasionale wedstryde vir Marokko gespeel het en ‘n sterk Europese agtergrond het, die Buccaneers […]
# Die Hooggeregshof in Polokwane het Malesela Mangena, Velly Segwale en Lesiba Segwale tot lewenslange tronkstraf gevonnis ná ‘n gewelddadige plaasroof in 2022 waarin Nicolaas Janse van Rensburg dood is. Hulle is ook tot 42-jaar tronkstraf gevonnis vir verwante oortredings en is ongeskik verklaar om vuurwapens te besit. Mashudu Malabi-Dzhangi van die Nasionale Vervolgingsgesag sê […]
# Business Leadership SA verwelkom die vooruitgang dat alle Finansiële Aksietaakmag vereistes om teen Oktober van die gryslys af te beweeg. Die organisasie sê dit sal die las op internasionale transaksies verlig en beleggersvertroue herbou. In haar weeklikse nuusbrief se hoof uitvoerende beampte, Busisiwe Mavuso, die Nasionale Tesourie geprys dat hy die skade wat deur […]