# Die DA in Gauteng sê die Malvern-kliniek in die ooste van Johannesburg sukkel al ses weke sonder lopende water en dit hou ‘n ernstige gesondheidsgevaar in. Die DA-lid, Jack Bloom, het in ‘n skrywe aan die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, dringende ingryping versoek. Bloom beskryf die kliniek as oorvol, onhigiënies en onveilig, omdat […]
# President Donald Trump sê Amerika gaan bykomende wapens na Oekraïne stuur, wat Russiese kritiek ontlok het nadat Moskou beweer het hy maak vordering in die oorlog teen sy buurland. Die Kremlin waarsku om wapens na Oekraïne te stuur sal die konflik net verleng. Trump se aankondiging volg nadat Washington verlede week gesê het hy […]
# AgriSA het die opheffing van die beperkings op die beweging van vee in Limpopo en die Oos-Kaap verwelkom na die suksesvolle beheer van bek-en-klouseer-uitbrekings. Die Department van Landbou het bevestig dat meer as 144-duisend diere ingeënt is en melk van plase in kwarantyn mag nou na ‘n enkele pasteurisering verkoop word. Terwyl 76 plase […]
# The African Transformation Movement het aan die openbare beskermer, Kholeka Gcaleka, geskryf en ‘n volledige ondersoek aangevra oor beweerde politieke inmenging deur die minister van Polisie, Senzo Mchunu. Die leier van die ATM, Vuyo Zungula, sê onthullings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi het wangedrag, misbruik van gesag, en die onwettige ontbinding van ‘n […]
# Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die nuwe Amerikaanse heffing van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere sal ‘n verwoestende slag vir die ekonomie wees. Hy waarsku dat dit ook die einde van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika kan beteken. Steenhuisen sê sleutelnywerhede soos landbou, vervaardiging en mynbou sal die ergste […]
# Die Anglikaanse Aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, versoek ‘n dringende voorlopige ondersoek na die voortslepende krisis in die Suid-Afrikaanse Polisiediens se leierskap. Hy vra president Cyril Ramaphosa om ‘n paneel met regters, wetstoepassingskundiges en ondersoekers met integriteit aan te stel om die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se bewerings van politieke inmenging te beoordeel en […]
# Die DA sê die gebrek aan inspekteurs by die Gautengse Dobbelraad is ‘n risiko vir gemeenskappe. Michael Waters van die DA beweer slegs drie uit die tien wetstoepassingsbeamptes is beskikbaar, en almal word gedreig. Waters plaas die skuld voor die deur van die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, vir versuim om op te […]