# Die voormalige president Thabo Mbeki sê Afrika moet belê in die ontwikkeling van vaardighede wat die ekonomiese groei van Afrika sal bevorder. Hy het gister die 15de jaarlikse Thabo Mbeki-lesing in Dar es Salaam in Tanzanië aangebied, onder die tema, Stand van die Vasteland – herlewing van die Afrika-renaissance. Mbeki sê Afrika moet die […]
# Krieket: Engeland het hul internasionale somerkrieket-tuisveldtog begin met ‘n oortuigende oorwinning oor Zimbabwe by Trent Bridge in Nottingham, Engeland. Zimbabwe is twee keer uitgeboul terwyl hulle Engeland se eerste beurt-totaal van 565 vir 6 gejaag het, met onderskeidelik 265 en 255 lopies. Zimbabwe het ‘n dapper stryd gelewer, met Sean Williams wat 88 lopies […]
# Die Activists and Citizens Forum sê president Cyril Ramaphosa moet eerlik wees met die burgers van die land en sê wat sy werklike doel was met die besoek aan die Withuis. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, sê kabinetsministers het soos toeskouers gesit terwyl president Donald Trump se genooide gaste, Johan Rupert, Ernie Els […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, se besluit om die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika opdrag te gee om regulatoriese veranderinge in die telekommunikasiesektor dringend te oorweeg, is ‘n welkome stap om Suid-Afrika na ‘n groeivriendelike omgewing te verander. Malatsi het aangekondig dat die regering die vereiste […]
# Noord-Korea het drie amptenare in hegtenis geneem wat glo verantwoordelik was vir ‘n blaps verlede week tydens die bekendstelling van ‘n nuwe oorlogskip. Die ongeluk voor Kim Jong-un het die vyfduisend-ton-oorlogskip laat omkantel. Volgens staatsmedia is dit deur ‘n verlies aan balans veroorsaak. Die Noord-Koreaanse diktator het dit ‘n “kriminele daad” genoem en onderneem […]
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die enigste manier waarop die provinsie misdaad meer effektief kan aanpak, is deur die polisiëringshulpbronne en gesag wat inwoners nodig het en verdien, van die nasionale regering te bekom. Polisiemisdaadstatistieke het getoon dat daar ‘n afname van 4-persent in die algehele moordsyfer vir die vierde kwartaal van 2024/2025 […]
# Die Pumas het hul eerste SA Beker-titel verower toe hulle Griekwas in Saterdag se eindstryd by die Mbombela-stadion in Nelspruit verslaan het. Griekwas se voorryspeler, Cebo Dlamini, het ‘n 20-minute rooikaart in die sewende minuut ontvang ná ‘n kop-aan-kop-duikslag, en die tuisspan het skaars ‘n minuut later ‘n doel aangeteken, wat Griekwas vir die […]