# Die Kaapstadse stadsraad het onlangs die stad se Stap- en Fietsrystrategie goedgekeur. Die munisipaliteit se Stedelike Mobiliteitsdirektoraat poog om stap en fietsry mettertyd as veilige, toeganklike, volhoubare en primêre vervoermiddele in Kaapstad te herposisioneer. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê dié langtermynstrategie ondersteun die belegging in voetganger- en fietsryverbeterings wat toegang tot […]
# Die DA verwelkom die konsepregulasies wat die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, vrygestel het om nuwe meganismes in te stel vir die verbreding van internettoegang vir alle Suid-Afrikaners. Die party sê toegang tot betroubare, bekostigbare internet is ‘n sleutelbestanddeel vir ekonomiese groei. Willie Aucamp van die DA sê hulle het by […]
# Die ATM veroordeel ten sterkste wat hy noem die ANC/DA-koalisie se jongste daad van verraad teen die mense van Suid-Afrika. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi het aangekondig dat die regering die 30 persent-vereiste vir swart ekonomiese bemagtiging sal verslap om die toetrede van Elon Musk se Starlink tot die Suid-Afrikaanse […]
# Die burgerregte-organisasie, AfriForum, verwelkom die Suid-Afrikaanse regering se voorstel wat in die Staatskoerant gepubliseer is, vir die verslapping van rassekriteria vir satellietdiensmaatskappye, soos Starlink, soos vervat in die swart bemagtigingslisensievereistes. Woordvoerder Ernst van Zyl sê AfriForum is ‘n belangrike speler in die stryd om die streng rasse-hindernisse te verwyder wat Elon Musk se Starlink […]
# Sokker: Real Madrid se afrigter, Carlo Ancelotti, het sy waarskynlike opvolger, Xabi Alonso, alle voorspoed toegewens. Alonso, wat Bayer Leverkusen tans afrig, is gereed om die leisels oor te neem voor die Klub-Wêreldbekertoernooi, hoewel Madrid hom nog nie amptelik aangewys het nie. Ancelotti het gepraat voor vandag se La Liga-wedstryd teen Real Sociedad op […]
# Die DA doen ‘n beroep op die polisie en die Departement van Korrektiewe Dienste om ‘n openbare beloning aan te bied vir inligting wat kan lei tot die herarrestasie van Me-Kayle Timmie en Mikyle Mentoor wat by die Pollsmoor-gevangenis in die Wes-Kaap vermis geraak het. Nicholas Gotsell van die DA sê eerder as om […]
# Die polisie in KwaZulu-Natal het ‘n soektog van stapel gestuur na twee verdagtes wat gisteraand vier mense by ‘n huis in die Mzomusha-gebied in Dundee doodgeskiet het. ‘n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê twee manlike slagoffers, onderskeidelik 31 en 35 jaar oud, was buite die huis toe twee verdagtes opgedaag en op hulle losgebrand het. […]
# Eskom sê die kragstelsel is bestendig en het veerkragtigheid getoon namate ‘n koue front die week sommige dele van die land getref het. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê stelselbeperkings is steeds daar, maar voldoende noodreserwes is in plek en strategies ontplooi om die vraag in die winter te ondersteun. Sy sê altesaam vyf-duisend-760 […]