# Die adjunkminister van Wetenskap, Tegnologie en Innovasie, Nomalungelo Gina, het Afrika-universiteite aangespoor om skeppers van kunsmatige intelligensie en innovasie te word. Tydens die Universiteit van Zululand se 4de Internasionale Onderwysweek het sy die integrasie van inheemse kennis in tegnologie beklemtoon om die plaaslike kultuur te beskerm. Sy het instellings versoek om globale vennootskappe te […]
# President Cyril Ramaphosa sê die Nasionale Dialoog sal op 15 Augustus voortgaan, ondanks verdeeldheid in die Voorbereidende Taakspan. Ses Stigtings, insluitend die Thabo Mbeki- en FW de Klerk-stigting, wil hê dit moet tot Oktober uitgestel word. Ramaphosa sê die byeenkoms is noodsaaklik vir inklusiewe besprekings oor nasionale uitdagings. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent […]
# Die polisie in Mpumalanga soek tien verdagtes wat verbind word met die moord op sersant Lawrence Mtshweni, wat gereageer het op ‘n sakeroof in Schoemansdal. Mtshweni is in die hospitaal oorlede. Sy moord volg op Vrydag se moorde op twee speurders in Roodepoort. Die SAPD bied ‘n beloning van 150-duisend rand aan vir inligting […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, is in die Noord-Kaap om met premier Zamani Saul en LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, te vergader. Die vergadering volg op ‘n verdoemende verslag van die Gesondheidsombud oor die bestuursmislukkings by die Noord-Kaapse Geestesgesondheidshospitaal en die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal. Daar is bevind dat die fasiliteite verwaarloos word, wat […]
Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het kommer uitgespreek oor die nuwe konsepregulasies vir die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette waarvoor openbare kommentaar versoek word. Terwyl die regulasies toelatings- en skoolkapasiteit aanspreek, het SADOU-woordvoerder Nomusa Cembi gewaarsku teen vorige ministeriële riglyne wat daarop gemik was om die instelling te vertraag en ‘n politieke agenda te bevorder. Sy het […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die vakante setel as burgemeesterskomiteelid vir Vervoer behoort aan die inwoners, nie aan die Patriotic Alliance nie. Die Alliansie wil die onlangs bevestigde, 24-jarige voormalige DA-lid van die Parlement, Liam Jacobs, aanstel ná Kenny Kunene se bedanking. Hy is ook hul 2026 Tshwane-burgemeesterskandidaat . Morero het aan […]
# Gholf: Richard Sterne van Suid-Afrika, en oornagleier, het gesukkel met ‘n vier-oor-76, wat hom tot vierde plek laat terugsak het op die derde dag van die DP Wêreldtoer Nexo-kampioenskap. Grant Forrest van Skotland het die voortou geneem met ‘n een-onder-71, wat sy totale telling op sewe-onder te staan bring. Hy het nou ‘n voorsprong […]
# Rugby: Die Pumas het gister ‘n oortuigende oorwinning van 41-7 oor die Blou Bulle behaal in hul Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld. Die Pumas het die gashere met ses drieë teen een getroef en die Bulle se segetog gestuit. Die Pumas is nou ook boaan die punteleer. En in Durban het die Cheetahs die ongelukkige […]