# Die Johannesburg Metropolisie het motoriste gewaarsku oor verkeersontwrigting naby Orlando-stadion in Soweto vanmiddag weens die CAF Kampioeneliga wedstryd tussen Orlando Pirates en MC Alger. Die wedstryd skop om 6-uur af. Mooki- en Martha Louw-strate is gesluit. Alternatiewe roetes sluit Adams- en Nkom Ya Hlaba-strate in. Toeskouerparkering is beskikbaar by aangeduide skole en velde naby […]
# Rugby: ‘n Franse finansiële waghond sê groot mislukkings in die regering se toesig oor 2023 se Wêreldbekertoernooi het tot groot verliese gelei wat die beheerliggaam met finansiële probleme gelaat het. Die Franse Hof van Rekeninge sê die Franse Rugbyfederasie en die regering moet tot ‘n mate die verantwoordelikheid dra vir die gebrek aan toesig […]
# Sokker: Nog twee kwarteindstryde in the Europese Kampioeneliga word vanaand gespeel. Albei wedstryde begin om nege-uur. Die Spaanse reus, Barcelona, is tuis teen Borussia Dortmund, en in Parys sal die tuisspan, Paris Saint-Germain, teen Aston Villa van Engeland speel. Gisteraand het Inter Milan vir Bayern München 2-1 verslaan en Arsenal het Real Madrid 3-0 […]
# ActionSA sê hy het ‘n produktiewe vergadering met ‘n afvaardiging van die nasionale werkskomitee van die ANC gehad om die nasionale begrotingskrisis aan te spreek. Die twee partye het alternatiewe bespreek om ‘n BTW-verhoging te vermy, met albei wat belowe het om landsburgers teen enige styging voor volgende maand te beskerm. Matthew George van […]
# Solidariteit se Regsnetwerk het ‘n hofaansoek ingedien teen nuwe swart ekonomiese bemagtigings-sektorkodes in die regsberoep. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, het die kodes in September onderteken. Solidariteit voer aan die kodes is onwettig en ongrondwetlik en oorreguleer die regsektor. Riaan Visser van Solidariteit meen die voorgeskrewe raskwotas vir regsfirmas beperk […]
# China het teruggeslaan met ‘n 84-persent tarief op Amerikaanse invoere nadat Donald Trump se 104-persent tarief op China in werking getree het. Dit het ‘n verdere daling in die Europese markte veroorsaak. Die FTSE 100-indeks van die grootste maatskappye wat in die VK genoteer is, het tot dusver vandag met 3,3-persent gedaal, terwyl die […]
# Die DA in Gauteng sê die Chris Hani Baragwanath-hospitaal se sekerheidskoste het ‘n reuse styging tot op 77-miljoen-rand per jaar aangeteken, vanaf 22-miljoen-rand ‘n dekade gelede. Die hospitaal se uitvoerende hoof, Nthabiseng Makgana, betaal luidens berigte vir bykomende persoonlike sekerheid, ondanks ‘n kontrak van 232-miljoen-rand met ‘n privaat onderneming met 275 personeellede in diens, […]