# Rugby: Die Walliese Rugbyunie het sy ondersteuning aan Cardiff beloof nadat die klub ‘n kennisgewing ingedien het om onder administrasie geplaas te word. Die klub het twee weke om sy moontlikhede te ondersoek. Cardiff het die versekering gegee dat alles moontlik gedoen word om sy werknemers en toekoms te beskerm, en sê ‘n plan […]
# AfriForum het ‘n dringende versoek aan die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, gerig om plaasaanvalle as voorkeurmisdaad te klassifiseer ingevolge die Wet op die Polisie. Die organisasie voer aan plaasaanvalle is uiters georganiseerd en gewelddadig en het ‘n uitwerking op nasionale bestendigheid, wat ondersoeke deur die Valke vereis. Jacques Broodryk van AfriForum vra ‘n toegewyde […]
# Tennis: Jannik Sinner van Italië sal seker wees van sy nommer een-posisie op die wêreldranglys wanneer hy vroeg volgende maand terugkeer na sy opkikker-skorsing van drie-maande. Alexander Zverev van Duitsland se nederlaag teen Sinner se landgenoot, Matteo Berrettini, in die ronde van 32 in die Monte-Carlo-meesterstoernooi beteken dat hy Sinner nie kan verbysteek nie. […]
# Die Department van Gesondheid in Noordwes is op hoë gereedheid nadat ‘n geval van cholera in die Bojanala-distrik bevestig is. Die pasiënt, wat onlangs vis uit die Vaalrivier geëet tydens ‘n vakansie in Limpopo, is in afsondering in die Life Peglarae Hospitaal in Rustenburg. Tebogo Lekgethwane van die departement sê die oorsprong word ondersoek […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê Suid-Afrika benodig sterker verkiesingsverantwoordbaarheid en bestendigheid. Hy het op die Verkiesingshervormings-raadplegingspaneel se vergadering die behoefte aan hervormings buite die huidige koalisiekultuur beklemtoon. Schreiber het uitgelig dat veelparty-regering nou die norm is en vra wetgewende strukturele veranderings om langtermynbestuur en demokratiese veerkragtigheid in die land te ondersteun:
# Die eerste Outisme in Afrika-konferensie het by The Garden Venue in Johannesburg begin en sal ondersoek instel na oplossings vir neuroverskeidenheid vanuit ‘n Afrosentriese oogpunt. Die fokus is op kultureel-gepaste ingrypings, die Afrika Vereniging van Neuroverskeidenheid word by die twee-daagse geleentheid gestig, ‘n Afrika Joernaal van Neuroverskeidenheid word bekendgestel en indiensneembaarheid van atipiese jeug […]
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, het bevestig streng maatreëls sal ingestel word om bevoegdheid in die boubedryf te verseker, ná die ineenstorting van ‘n gebou in George verlede jaar wat 34 lewens geëis het. Shimelane het aangekondig haar departement en die Nasionale Huisbouers Registrasieraad stel ‘n nuwe wetsontwerp op om tekortkominge in […]