# Rugby: Die Springbok-losskakel Manie Libbok is aan die voorpunt van die uittog van nege Stormers-spelers na afloop van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die 27-jarige wedstrydwenner word gekoppel aan ‘n skuif na Hanazono Liners in Osaka, Japan, na die vertrek van die Wallabie-losskakel Quade Cooper. Die ander spelers wat die Kaapstadse span verlaat, is Brok Harris […]
# President Cyril Ramaphosa sal na verwagting vandag die Kerngeneeskunde Navorsingsfasiliteit by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria besoek. Die sentrum is ‘n baanbreker met die ontwikkeling van kanker- en tuberkulose-medikasie. Ramaphosa sal ook die hartkateterisasie-laboratorium besoek waar gespesialiseerde diagnostiese en intervensie-prosedures op die hart en bloedvate uitgevoer word. Die presidensie sê dit beklemtoon […]
# Die DA sal vandag in die Parlement die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau en die Nasionale Loterykommissie ondervrae, oor die omstrede toekenning van ‘n loterylisensie ter waarde van 60-miljard-rand aan Sizekhaya Holdings. Die lotery se wen-tenderaar is na bewering verbind met adjunkpresident Paul Mashatile se vertrouelinge en familielede. Die DA-lid, Toby […]
# Die Parlement is gereed om die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, opdrag te gee om die name van die adviespaneel wat gehelp het met die aanstellings van die voorsitters vir die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerhede, ten volle bekend te maak. ‘n Nuwe datum vir haar verskyning is nog nie aangekondig nie. […]
# The Zion Christian Church gaan verdere regstappe teen Michael Kgotso Serepo neem omdat hy voortgaan met vals bewerings dat hy met die ZCC kerk en sy leier, Barnabas Lekganyane, verbind is. Dit volg na verlede jaar se interdik deur die Hooggeregshof in Pretoria wat Serepo, die leier van die Zion Creationist Church, verbied het […]
# Die leier van die DA, John Steenhuisen, sal vandag die party se 25ste herdenking in Hanover Park in Kaapstad in die Wes-Kaap vier. Partyleiers en raadslede sal by hom aansluit om komberse aan inwoners van Hanover Cottages uit te deel as deel van die winter-uitreikveldtog. Die besoek sluit ook ‘n koeksny-seremonie en kort toesprake […]
# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding, Tebogo Letsie, versoek die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om dringend sy betalingsprobleme rondom studenteverblyf op te los. Letsie het met die voorsitters van die Parlement se Toesigkomitees vir Maatskaplike Dienste gepraat en veroordeel verskaffers wat sedert 2023 nie betaal nie en die […]
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus het Australië gewaarsku teen kontrakbreuk deur nie internasionale sterre beskikbaar te stel vir al die toerwedstryde teen Super Rugbyspanne nie. Die toer bestaan uit drie toetse teen die Wallabies en ses ander kragmetings. Die Wallabies se hoofafrigter, Joe Schmidt, wil glo nie sommige van sy beste spelers toelaat […]
# Die Departement van Gesondheid in Gauteng sê herstelwerk by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal is op dreef ná die brand in 2021. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê Fase 1, wat fokus op strukturele herstelwerk, sal na verwagting teen Augustus 2026 voltooi wees en Fase 2, wat brandnakoming aanpak, benodig befondsing van […]