# Action Society veroordeel die beplande Artikel 174-aansoek deur die agt BBP-beskermingseenheid-beamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle burgerlikes in Julie 2023 op die N1 in Gauteng aangerand het. Die beamptes, wat die Bloulig-mafia genoem word, staan tereg op 12 aanklagte, insluitend aanranding met die doel om ernstig te beseer, en sal volgende week weer […]
# President Cyril Ramaphosa het openbare benoemings versoek vir Kommissarisse om in die Presidensiële Klimaatkommissie te dien, aangesien die huidige termyn vanjaar eindig. Die kommissie verskaf toeligting oor Suid-Afrika se klimaatsreaksie en regverdige oorgang. Ramaphosa as voorsitter, sal die lede vir ‘n vyfjaartermyn aanstel kragtens die Wet op Klimaatsverandering. Die president het burgers aangemoedig om […]
# ActionSA het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, vir die gebruik van beledigende en vernederende verwysings teenoor swart Suid-Afrikaners uit die apartheidsera. Die party het ook ‘n klag ingedien teen die minister van Openbare Werke, Dean Macpherson, vir rassistiese beledigings wat teen ActionSA-ondersteuners […]
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings het bevestig dat ‘n helikopter ontplooi is om te soek na die wrak van ‘n motor van ‘n vroulike bestuurder, wat vroeër vandag teen ‘n krans in KwaSwayimane in KwaZulu-Natal afgestort het. ‘n Woordvoerder van die departement, Ndabezinhle Sibiya, sê ‘n span is aangestel om met […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys het ‘n onafhanklike ondersoek gelas na bewerings van rassevooroordeel in die nasienproses aan die Universiteit van Kaapstad. ‘n Voormalige departementshoof aan die fakulteit Maatskaplike Ontwikkeling beweer dosente het wit studente hoër punte gegee terwyl hulle swart studente benadeel. Die Universiteit van Kaapstad sê ‘n interne ondersoek is aan […]
# Boks: ‘n Tweede Japannese bokser is dood aan breinbeserings wat hy tydens ‘n geveg in Tokio opgedoen het. Die 28-jarige Hiromasa Urakawa is gister dood nadat hy in die agtste ronde van sy geveg teen Yoji Saito op 2 Augustus met ‘n uitklophou uitgeslaan is. Dit volg op die dood van Shigetoshi Kotari Vrydag […]
# Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het opnuut ‘n visie gestel waarvolgens elke vrou en meisie in vryheid, waardigheid en sekerheid leef. Tydens vanjaar se Vrouedag-viering by die Nkowankowa-stadion in Limpopo het Chikunga die nalatenskap van die aktiviste geprys wat 69 jaar gelede na die Uniegebou opgeruk het. Hoewel […]