# Die nywerheidsvakbond GIWUSA verwerp met minagting wat hy noem Cosatu se ‘skaamtelose voorstel’, dat Suid-Afrika sy wette en regulasies tersyde moet stel vir Elon Musk se Starlink-internet. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê dit is nie bloot ‘n beleidstoegewing nie, maar klasseverraad. Hy sê die vakbondfederasie is nou verplig om as ‘n drukgroep vir […]
# Die Franse aktrise Catherine Deneuve het by meer as 900 bekendes aangesluit wat ‘n ope brief onderteken het waarin hulle die beweerde volksmoord in Gaza veroordeel. Dit het begin sirkuleer voor die Cannes-rolprentfees. Ander ondertekenaars sluit in die ster van “Schindler’s List”, Ralph Fiennes, Juliette Binoche, Jonathan Glazer, Richard Gere, Susan Sarandon, Pedro Almodóvar […]
# Die hoofekonoom by Agbiz, Wandile Sihlobo, sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan die VSA dui op ‘n keerpunt in die herstel van bande tussen Suid-Afrika en die VSA. Sihlobo het die groeiende uitvoermomentum beklemtoon in produkte wat wêreldwyd in 2024 uitgevoer is. Hy waarsku egter misdaad bly ‘n landwye krisis en vra verenigde […]
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê moordsyfers het in agt van die nege provinsies afgeneem. Ses-duisend-467 mense is tussen Januarie en Maart dood – ‘n afname van 3,1-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Mchunu het tydens die vrystelling van die jongste misdaadstatistieke in Pretoria gesê die Noord-Kaap is die enigste provinsie […]
# President Cyril Ramaphosa het hulde gebring aan Gertrude Shope, wat in die ouderdom van 99 gesterf het. Sy word onthou as ‘n opvoeder, ‘n vakbondlid, die president van die ANC-vroueliga en sy was betrokke by die Rivonia-verhoor. Sy het jare lank apartheid op eie bodem en in die buiteland beveg. Die woordvoerder in die […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare neem kennis van die Departement van Binnelandse Sake se bekendstelling van ‘n biometriese verifiëringstelsel. Dis deel van Operasie Nuwe Besem om onwettige immigrasie hok te slaan. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naiker, sê daar moet egter steeds aandag gegee word aan personeeltekorte by die departement. Hy sê die biometriese verifiëringstelsel […]
# ActionSA rig weer ‘n waarskuwing oor die toename in bendegeweld reg oor Suid-Afrika waar meedoënlose bendes woonbuurte in oorlogsones verander. Woordvoerder Matthew George sê bendegeweld kom in die Wes-Kaap veral voor op die Kaapse Vlakte, in Gauteng in Eldoradopark en Westbury, en in die Oos-Kaap in Nelson Mandelabaai. Hy sê dit dwing onskuldige gesinne […]