# Die burgerregte-organisasie Soil of Africa betoog vandag by die Tsebe-Ntlha Primary School in Hammanskraal om onmiddellike optrede teen bewerings van korrupsie en wanbestuur by die skool te eis. Ouers het vroeër vanjaar beweer die skoolhoof en skoolbestuur span saam om geld te steel, en hulle kla ook oor swak infrastruktuur en sanitasie. Die organisasie […]
# Krieket: Die Wes-Indiese vrouespan het Suid-Afrika met ses paaltjies verslaan om die T20-reeks van drie wedstryde in Barbados gelykop met een elk te maak. Die draaiboulers Afy Fletcher en Karishma Ramharack het elkeen twee paaltjies platgetrek en Suid-Afrika is in hul 20 boulbeurte tot 113 vir ses beperk. In antwoord daarop het kaptein Hayley […]
# Amerika se Departement van Buitelandse Sake het ʼn wêreldwye waarskuwing aan Amerikaners uitgereik en sê die Israel-Iran-konflik veroorsaak ontwrigting vir reisigers en die lugruim in die Midde-Ooste word soms gesluit. Hy sê daar bestaan ʼn moontlikheid van betogings teen Amerikaanse burgers en belange oorsee. Die land se Departement van Binnelandse Sake waarsku teen toenemende […]
# Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Danny Danon, beweer Iran se kernprogram is nie bedoel vir energie nie, maar vir dood en verwoesting. Dit ten spyte van Teheran se volgehoue versekering dat hy nie ʼn kernbom bou nie. Danon het Sondag tydens ʼn noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad in New York […]
# Die Konstruksie Onderwys- en Opleidingsowerheid, CETA, ontken bewerings van tender-onreëlmatighede en dat raadbenoemings gemanipuleer word. Volgens berigte is die uitvoerende hoof, Malusi Shezi, hierby betrokke. Die Sunday Times berig dokumente van die gewese CETA-werknemer en fluitjieblaser, Tumiso Mphuthi, toon na bewering dat tenders van miljoene rand aan maatskappye toegeken is sonder dat hulle gebie […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee Carlos Alcaraz het die Tsjeg, Jiri Lehecka, verslaan om sy tweede Queen’s Club-titel in Londen op te raap. Die 22-jarige Spanjaard spog nou met sy vyfde titel van die seisoen en 21ste van sy loopbaan. In Duitsland het Alexander Bublik van Kasakstan met die Rus, Daniil Medvedev, afgereken en die Halle […]
# Iran se Ministerie van Buitelandse Sake waarsku Israel en Amerika se aanvalle laat die Midde-Ooste in ʼn gevaarlike posisie. Amerika beweer hy het Iran se kernprogram vernietig nadat hy die naweek drie terreine aangeval het. Die ministerie vra dat die Verenigde Nasies, die VN-Veiligheidsraad en ander liggame soos die Internasionale Atoomenergie-agentskap ingryp. Die woordvoerder […]
# Die EFF-leier Julius Malema sê sy party staan by Iran, ʼn land volgens hom onder beleg deur Westerse imperialisme omdat hy onafhanklikheid gekies het. Hy het Sondag by die begrafnis van sewe van die tien EFF-lede wat in ʼn busongeluk dood is, in Vryheid, KwaZulu-Natal, gepraat. Dit volg nadat Amerika die naweek Iran se […]