# Die GOOD-party sê as die Wes-Kaapse regering voortgaan om informele nedersettings teen sy huidige tempo op te gradeer, sal dit een-duisend- 274 jaar neem om waardige lewensomstandighede vir alle inwoners te bied. Die LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, het onthul dat sy departement een informele nedersetting vir opgradering in die 2024/2025-boekjaar geteiken het, en […]
# Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, POPCRU het die moord op ‘n polisiebeampte in Hammanskraal, Tshwane, veroordeel. Die drie-en-dertigjarige konstabel Sharon Hlangoane, wat by die Temba-polisiestasie gestasioneer was, is verlede Vrydag tydens ‘n operasie naby Rampie-vulstasie in Manyeledi doodgeskiet. ‘n Mensejag is van stapel gestuur na drie verdagtes. Richard Mamabolo van POPCRU sê die moord op […]
# Vandag is Internasionale Dag vir die Bewaring van die Osoonlaag. Die doel is om bewustheid te kweek oor die osoonlaag se agteruitgang en oplossings te vind om dit te bewaar. Vanjaar se tema is: Van wetenskap tot wêreldwye aksie. Die dag herdenk die datum waarop die Montreal-protokol oor stowwe wat die osoonlaag vernietig in […]
# Die president van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie Zingiswa Losi, waarsku teen onenigheid binne die alliansie en doen ‘n beoep op die ANC en SAKP om nie ‘n wig tussen werkers in te dryf nie. Die SAKP het besluit as ‘n onafhanklike party aan die 2026 plaaslike verkiesing deel te neem en voer as redes aan […]
# ActionSA in Gauteng sê hy is bekommerd oor die toenemende waterkrisis wat gemeenskappe in Westbury, Westdene, Coronationville en omliggende gebiede in Johannesburg raak. Die Kommando-stelsel wat water aan ʼn groot deel van die metro voorsien, is onder druk weens groter aanvraag, beperkte voorsiening en infrastruktuurbeperkings. Dit laat baie gemeenskappe sonder bestendige watervoorsiening, wat tot […]
# President Donald Trump van Amerika sê die weermag het ʼn aanval uitgevoer op ʼn vermeende Venezolaanse dwelmvaartuig wat in internasionale waters op pad was na Amerika. Drie mans is in gister se aanval dood. Dit volg na ʼn soortgelyke aanval vroeër die maand waarin elf mense dood is. Trump sê hierdie uiters gewelddadige dwelmkartelle […]
# Die DA vra die regterlike dienskommissie om dringend aandag te gee aan klagtes van omkopery teen ‘n regter van die Hooggeregshof in Johannesburg. ‘n Sakeman en prokureur van Heidelberg, Bouwe Wiersma, het ‘n formele klagte ingedien. Hy beweer ‘n regter het aanvanklik sewe-duisend-rand versoek om verlof tot appèl toe te staan teen ‘n uitsettingsbevel. […]