# Die Palestynse gesant by die Verenigde Nasies, Riyad Mansour, sê Israel moet heeltemal onttrek uit Gaza. Die VN-veiligheidsraad het Sondag ʼn noodvergadering gehou oor Israel se plan om beheer te neem oor Gazastad. Mansour beskuldig Israel dat hy die oorlog uitrek om ʼn onafhanklike Palestynse staat te keer en nie om Hamas se beheer […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die sinnelose geweld teen manne en vroue in blou is ʼn aanval op die oppergesag van die reg. Adjudantoffisier Vuyisile Sintwa en sersant Simon Masenye is Vrydag in Roodepoort, Gauteng, vermoor terwyl hulle ʼn verhoorafwagtende gevangene, Jabulani Moyo, vervoer het. In Mpumalanga is sersant Lawrence Mtshweni Saterdag […]
# Krieket: Australië het Suid-Afrika met 17 lopies geklop in die eerste van drie T20s in Darwin vir hulle negende agtereenvolgende oorwinning. Tim David het 83 aangeteken en ‘n sewende paaltjie-vennootskap van 59 met Ben Dwarshuis gedeel. Die gashere is vir 178 uitgeboul. Die 19-jarige Kwena Maphaka het beïndruk vir die Proteas en vier paaltjies […]
# Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy regering se plan om Gazastad oor te neem verdedig en gesê dit is die enigste manier om die oorlog vinnig te beëindig. Die plan het hewige kritiek ontlok van die families van die oorblywende 50 gyselaars in Gaza, van wie 20 vermoedelik nog leef. Netanyahu beweer […]
# Die Presidensie sê die totale koste van die begroting vir die Nasionale Dialoog sal ontwikkel word sodra die struktuur en vorm van die gemeenskapsdialoog afgehandel is. Die aanvanklike koste van 700-miljoen-rand waaroor berig is, is wyd veroordeel. Die Presidensie sê die Universiteit van Suid-Afrika sal die eerste nasionale konvensie aanbied en die infrastruktuur en […]
# Die DA in Gauteng gaan ‘n aansoek indien ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting om Ekurhuleni se finansiële rekords te bekom. Die party beskuldig die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Jacob Mamabolo, dat hy die stad se groeiende skuldkrisis verberg. In April het Mamabolo onthul dat die metro […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het ‘n dringende hofaansoek ingedien om te verhoed dat ‘n onafhanklike kandidaat in die 2024-verkiesing, Anele Mda, berigte publiseer wat hom verbind met die moord op die tendermagnaat Wandile Bozwana. Mbalula se regspan voer aan die plasings is lasterlik en misleidend en stel hom in ‘n swak […]
# Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, sê die provinsiale regering sal nie meer op tenders staatmaak nie. Lesufi het ‘n nuwe fase van die Nasi Ispani-program aangekondig, wat daarop gemik is om mense op te lei om werk te verrig wat tans deur tenders uitgekontrakteer word. Hy sê die inisiatief sal werksgeleenthede skep, vaardighede bou […]
# Die Activists and Citizens Forum sê die onttrekking van ses stigtings aan die Voorbereidende Taakspan vir die Nasionale Dialoog wat hierdie week plaasvind is geregverdig. Die groep sê die stap plaas die mense bo eiebelang en bevraagteken president Cyril Ramaphosa se motiewe om voort te gaan. Die forum se woordvoerder, Dennis Bloem, voer aan […]