# Die Forum for South Africa sê die regering gebruik die Nasionale Dialoog as ʼn strategie om die fokus te verskuif van gesagsfigure wat aanspreeklik gehou moet word. Die dialoog skop Vrydag en Saterdag af met ʼn tweedaagse nasionale konvensie by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria. Die forum se leier, Tebogo Mashilompane, sê hulle […]
# Vyf joernaliste van Al Jazeera is dood in ‘n Israelse lugaanval naby die Al-Shifa-hospitaal in Gazastad. Anas al-Sharif, een van Al Jazeera se bekendste gesigte in Gaza, Mohammed Qreiqeh en drie kameramanne was in ‘n tent vir joernaliste by die hospitaal se hoofhek toe dit geteiken is. Die Israelse Weermag het die aanval bevestig […]
# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, het sy Cincinnati Ope-veldtog met ʼn oorwinning afgeskop. Die Spanjaard het Damir Dzumhur van Bosnië in die tweede ronde verslaan. Die 2019-kampioen van Rusland, Daniil Medvedev, het teen die Australiër, Adam Walton, verloor. Die sesde gekeurde Australiër, Alex de Minaur, en die Britse nommer twee, Cameron Norrie, […]
# Cosatu sê hoewel die Presidensie reg is om vandeesweek met die Nasionale Dialoog te begin, is dit ook goed om te weet van baie wat skepties daaroor is. Organisasies, insluitend die Thabo Mbeki Stigting en die Desmond en Leah Tutu Stigting, het uit die dialoog onttrek weens kommer oor die gebrek aan ‘n begroting […]
# Die DA sê die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se regshersiening is te laat vir die duisende studente wat reeds uit blyplekke gesit is, onder onveilige omstandighede bly en wie se akademie ontwrig is. Die hulpskema is tans besig met ʼn omvattende regshersiening van bestuursprosesse wat studenteverblyf betref en die betrokkenheid van derdeparty-vennote. Volgens […]
# Die voorspraakbeweging Soil of Africa gaan vandag na die munisipale kantore van Mamelodi opruk om te betoog teen die voortslepende waterkrisis in dele van die Stad Tshwane. Die metro se verouderde waterinfrastruktuur, gekombineer met hoë waterverbruik, dra tot die probleme by. Die voorsitter van die beweging, Bongani Ramontja, sê die waterkrisis is ‘n teken van […]
# Die ANC-integriteitskommissie het volgens berigte adjunkpresident Paul Mashatile van blaam onthef wat sy luukse wonings Waterfall in Gauteng en Constantia in Kaapstad betref. Mashatile het onderdruk gekom nadat hy twee luukse eiendomme van sowat 65-miljoen-rand verklaar het. Hy het vroeër ontken dat hy die eienaar is, en aangevoer die huis in Constantia behoort aan […]
# Amerika se ambassadeur by die Verenigde Nasies se veiligheidsraad, Dorothy Shea, het Israel verdedig en sê dié land het die reg om te besluit wat die beste is vir sy veiligheid en sy burgers. Die veiligheidsraad het Sondag ʼn noodvergadering gehou terwyl teenkanting toeneem oor Israel se plan om Gazastad oor te neem en […]