# Die Anglikaanse aartsbiskop, Thabo Makgoba, sê die Nasionale Dialoog moet ʼn sukses wees om armes en gemarginaliseerdes te bevoordeel. Belangrike organisasies agter die veldtog, insluitend die Thabo Mbeki-stigting en die Desmond en Leah Tutu-stigting, het onttrek aan die beplanningsproses en die Nasionale Konvensie, wat na verwagting Vrydag begin. Hulle is bekommerd oor onvoldoende voorbereidingstyd […]
# Die Stad Kaapstad sê Hotel Verde by die Kaapstad Lughawe se jongste toekenning bewys die metro bied wêreldgehalte en toekomsgerigte diens aan toerisme. Hotel Verde is vir die tweede agtereenvolgende jaar as Afrika se beste Groen Hotel aangewys vir sy eko-vriendelike praktyke wat insluit hernubare energie en die gebruik van gevorderde tegnologie vir waterbesparing. […]
# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie sê hy het ʼn ongekwalifiseerde oudit vir die 2024-boekjaar ontvang en skryf dit toe aan die verstandige bestuur van hulpbronne. Die visekanselier en hoof, Tinyiko Maluleke, sê hierdie prestasie is ʼn getuienis van die universiteit se gesonde beleidsplatform, noukeurige finansiële beheer en streng nakoming van relevante nasionale wetgewing. Hy […]
# Die DA in die Nasionale Raad van Provinsies eis ʼn dringende oorsig oor die verouderde tegnologie-infrastruktuur wat polisiëring in KwaZulu-Natal lamlê. ʼn Party-woordvoerder, Mzamo Billy, sê baie landelike polisiekantore maak steeds staat op ou satellietstelsels, die radiokommunikasiestelsel is steeds analoog en die 10111-oproepsentrums gebruik uitgediende telefoonstelsels. Hy sê die skokkende tekortkominge in tegnologie-infrastruktuur voldoen […]
# Die Stad Kaapstad sê met gehaltesorg, gaan hy voort om vroue by te staan. In die afgelope boekjaar het 75,1-persent van swanger kliënte hul eerste voorgeboortelike besoek voor 20 weke aan klinieke in die stad gebring. Dis ‘n sleutelbesoek vir ma en kind. Die burgemeesterskomiteelid vir Maatskaplike Dienste en Gesondheid, Francine Higham, sê toegang […]
# Die polisie bied ʼn beloning van 150-duisend-rand aan vir inligting oor waar Jabulani Moyo hom bevind. Moyo is ʼn verhoorafwagtende gevangene wat Vrydag twee speurders in Roodepoort, Gauteng, doodgeskiet het toe hulle hom van die Roodepoort-landdroshof terug tronk toe vervoer het. In Mpumalanga, is sersant Lawrence Mtshweni Saterdag doodgeskiet toe hy op ʼn inbraak […]