# Gauteng se LUR vir Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, het onlangse pogings om padinfrastruktuur in die provinsie te vandaliseer en te steel, veroordeel. Dit volg ná ʼn voorval Saterdag op die R-24 waar verdagtes probeer het om kabels teen die pad te steel. Die LUR sê sulke optrede stel lewens en alle padgebruikers se veiligheid in […]
# Die Stad Kaapstad se verkeersafdeling het verlede jaar meer as 2,7-miljoen-rand se oortredings aangeteken. Die metro het die manier om boetes te betaal vereenvoudig met verskillende keuses van betaling beskikbaar danksy ‘n nuwe diensverskaffer. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê in ‘n ideale wêreld sal motoriste nie die wet oortree en […]
# Die Tshwane toerismevereniging sê voorbereidings vir die Tshwane Toerismetoekennings wat Saterdag gehou sal word, vorder goed. Die toekennings vereer buitengewone toerismeprodukte, insluitend hotelle, aanbiedings en lokale vir konferensies en spesiale geleenthede. Vanjaar se tema is Welkom by die wildste hoofstad in die wêreld. Die vereniging se voorsitter, Susan Marais, sê die toekennings fokus daarop […]
# New Line se gruwelfliek, Weapons, het die naweek kritici en gehore betower en in sy eerste naweek boaan die trefferlys verskyn by Noord-Amerikaanse kaartjiekantore. Die fliek met Julia Garner en Josh Brolin in die hoofrolle gaan oor ʼn groep vermiste kinders. Disney se Freakier Friday met Lindsay Lohan en Jamie Lee Curtis het sy debuut […]
# Green Connection het kommer uitgespreek oor die bekostigbaarheid van kernkrag, veral die kapitale koste vooraf, die risiko van vertraging tydens bouwerk en die buitensporige koste wat wêreldwyd ondervind is. Dit volg op die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, se besluit om by die goedkeuring van 2017 te staan om ‘n […]
# Die Wêreld Meteorologiese Organisasie sê hy werk daaraan om vroeë hittewaarskuwingstelsels te bevorder onder die Early Warnings for All-projek. Die projek wil universele beskerming bied teen gevaarlike hidro-meteorologiese, klimaat- en verwante omgewingsprobleme deur lewensreddende vroeë waarskuwingstelsels. Uiterste temperature het tussen 2000 en 2019 jaarliks sowat 489-duisend hitteverwante sterftes veroorsaak. Hiervan was 36-persent in Europa en […]
# Die Vryheidsfront Plus verwelkom die Gautengse Hooggeregshof se beslissing dat die Heidelbergse Bierfees die perseel van die Heidelberg-erfenismuseum moet ontruim. Dit is weens onwettige besetting, skuld van 1,3-miljoen-rand en kommer oor veiligheid. Mari Boshoff van die VF Plus sê die fees se eienaar, Bouwe Wiersma, het ʼn brouery op die perseel begin, onderverhuur geboue aan […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê die omgewingsgoedkeuring vir ʼn nuwe kernaanleg in Kaapstad is ʼn belangrike stap in die land se toekomstige energiemengsel. Dit volg nadat die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, die 2017-besluit bekragtig het om Eskom toestemming te gee om ʼn nuwe kernaanleg by Duynefontein […]