# Die hoof van Tshwane se metropolisie, Yolande Faro, word daarvan beskuldig dat sy nie ʼn groot kontantgeskenk verklaar het nie. Faro, haar senior amptenare en hul metgeselle is in Februarie uitgenooi na ʼn fees by die Sun City-oord in Noordwes. Hulle het volgens berigte sowat 450-duisend-rand as geskenk ontvang. Dis nie bevestig of die […]
# Die DA in KwaZulu-Natal verwelkom die bykomende mediese personeel wat in die provinsie aangestel gaan word. Volgens die LUR vir Gesondheid, Nomagugu Simelane, word 270 nuwe poste geskep waarvan 150 vir dokters en 120 vir verpleegkundiges is. Dit is buiten die 20 wat reeds aangekondig is. Imran Keeka van die DA sê hulle bly bewus […]
# ʼn Senior dosent aan die Noordwes-universiteit, Moleboheng Mokhele-Ramulumo, is ‘n finalis in die Onderwys-kategorie van Suid-Afrika se Veertig Onder 40-toekennings vir 2025. Die toekennings vereer 40 Suid-Afrikaanse leiers jonger as 40 wat deur leierskap en vernuwing ʼn invloed uitoefen. Die universiteit sê ʼn belangrike projek wat tot Mokhele-Ramulumo se erkenning bydra, is ReneWable Rangers, wat […]
# Eerste minister Anthony Albanese het aangekondig Australië sal die Staat van Palestina erken op volgende maand se 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Lande soos Frankryk, die Verenigde Koninkryk en Kanada het reeds hul voorneme aangekondig om ʼn Palestynse staat amptelik te erken om hopelik vrede in die Midde-Ooste te bring. Israel […]
# Sokker: Liverpool se afrigter, Arne Slot, erken hulle moet aanpassings maak om ʼn balans tussen aanval en verdediging te bereik. Crystal Palace het die heersende Premierliga-kampioen gister met drie strafdoele teen twee verslaan om die Gemeenskapskild op Wembley te buit. Slot sê hulle kwesbare verdediging is iets waaraan hulle moet werk voor Vrydag se Premierliga-openingswedstryd […]
# President Cyril Ramaphosa sê geen regeringsbesluit mag geneem word sonder om in ag te neem hoe dit vroue raak nie. Organisasies vergader Vrydag by die Nasionale Konvensie in Pretoria om die Nasionale Dialoog se proses te begin. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief gegewe die geskiedenis van vroue in die land se stryd, verwag […]
# Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê dié provinsie is Afrika se toerisme-poort wat die beste met die wêreld verbind is. Meer as 3,8-miljoen internasionale passasiers het in die 2024/2025-boekjaar die provinsie binnegekom. As gevolg van hierdie toename was internasionale toeriste se bydrae tot die ekonomie 41-miljard-rand terwyl die teiken 29-miljard-rand […]