# Sakeliga waarsku hy sal persoonlike koste-eise teen president Cyril Ramaphosa en sy ministers instel as hulle nie optree om die ineenstorting van die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes te verhoed nie. Uitvoerende hoof Piet le Roux sê die nasionale regeirng het sy grondwetlike pligte ignoreer ondanks versoeke van die LUR van Samewerkende Regering, Oageng Molapisi. Nodige […]
# Die eerste nasionale konvensie van die Nasionale Dialoog vind Vrydag en Saterdag by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria plaas. Een-duisend afgevaardigdes vanaf meer as 30 sektore sal die geleentheid bywoon om landwye gemeenskaps- en sektorbesprekings af te skop. ‘n Stuurkomitee sal gevorm word om die proses te lei. Lid van die organiseringskomitee van […]
# Kopanang Africa Against Xenophobia is besorg dat Operasie Dudula en ander xenofobiese groepe steeds toegelaat word om buitelandse burgers te keer om na staatshospitale te gaan. Woordvoerder Dorothia Mabelebele sê dit volg nadat drie vroue by die Lillian Ngoyi-kliniek in Diepkloof, Soweto, in hegtenis geneem is omdat hulle aangedring het op identiteitsdokumente om pasiënte […]
# Die Suid-Afrikaanse regisseur Ryan Kruger se uitdagende wetenskapfiksie-rillerkomedie Street Trash wys nou in plaaslike teaters. Dis ‘n ongebonde opvolg van die 1987-kultusrolprent met dieselfde titel. Dit speel in 2050 in Kaapstad af waar hawelose wanaangepastes ‘n sameswering onthul om armes in ‘n geheimsinnige chemikalie bekend as “V” op te los. Die rolprent het gehore […]
# Die Transplant Education for Living Legacies, TELL, het die Orgamites Mighty Education-program in Gautengse skole bekendgestel as deel van Orgaanskenkingsmaand. TELL se besturende direkteur, Stella de Kock, sê Orgamites, wat wêreldwyd in meer as drie-duisend-200 skole bedrywig is, gebruik prettige karakters wat deur organe geïnspireer is om kinders van vyf tot elf te leer van […]
# Gholf: Justin Rose van Engeland is terug in die top-tien van die wêreldranglys na sy oorwinning op die St Jude-kampioenskap in Tennessee. Die 45-jarige het die Amerikaner JJ Spaun op die derde uitspeelputjie verslaan om sy 12de PGA-toernooititel te wen. Rose het met hierdie oorwinning ook sy plek in nog ‘n Ryderbeker-kompetisie verseker. Hy […]
# Die Nasionale E-taxi-federasie vra die regering om dringend in te gryp om regulasies vir die sektor te bespoedig en bestuurders te bemagtig. Die federasie beraadslaag tans met die betrokke rolspelers om ʼn nasionale bemagtigingsraamwerk vir e-taxibestuurders saam te stel. Woordvoerder Omar Parker sê 91-persent van operateurs en bestuurders is nie by statutêre instellings soos die Vergoedingsfonds […]