# ActionSA verwerp, waarna hy verwys as pogings om die voormalige burgemeester, Herman Mashaba, en die Groep Forensiese en Ondersoekdienste, se nalatenskap van korrupsiebekamping te diskrediteer. Meer as ses-duisend sake ter waarde van 35-miljard-rand is ondersoek. Die party kritiseer die voormalige burgemeester Thapelo Amad se heksejag, wat reeds 12-miljoen-rand kos en tot 40-miljoen-rand kan beloop, […]
# Indië se Hoërhof het gelas dat duisende rondloperhonde uit die hoofstad, Delhi, verwyder moet word ter wille van openbare veiligheid na ‘n skerp styging in gevalle van hondebyte . Die jongste beskikbare data, 2012 se diere-sensus, toon minstens 60-duisend rondloperhonde bly in Delhi se strate. Sekere mense is van mening die getal is nou […]
# Die DA in Mpumalanga het in ‘n brief aan die LUR van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Jesta Sidell, gevra dat die raad van die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap dadelik ontbind moet word. Trudie Grovè-Morgan van die DA sê dit volg na verdoemende bevindings in ‘n forensiese verslag wat ernstige wangedrag van senior beamptes, […]
# Die organiseerders van die nasionale dialoog sê hulle hou koste laag vir die eerste nasionale konvensie, met lokale, vervoer en dienste wat gratis deur die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria en ander vennote voorsien word. Die Nasionale Raad vir Ekonomiese Ontwikkeling en Arbeid, en die begroting van die Presidensie dek die byeenkoms se hoofkostes. […]
# Sokker: Die afrigter van Bafana Bafana, Molefi Ntseki, sê Bafana sal vandag se groepwedstryd in die Afrikanasies-kampioenskap teen Guinee in Kampala, Uganda, met respek en omsigtigheid benader. Suid-Afrika het 1-elk teen Algerië gelykop gespeel en moet nou wen om in die kompetisie te bly. Ntseki waarsku oor Guinee se krag in die lug en […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap het die vonnis verwelkom, van vyf jaar tronkstraf vir Ferdinand Fortuin wat in die Landdroshof in Bellville opgelê is. Dit volg na ‘n fopoproep na die polisie om te beweer hy het bomme in die Departement van Water en Sanitasie, Transnet se kantore en die taxi-staanplek in Bellville […]
# Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch het ‘n Suid-Afrikaanse weergawe van ‘n aanvullende en alternatiewe kommunikasiehulpmiddel vir Afrikaanssprekende kinders met spraakprobleme ontwikkel. Dit sluit prente of simbole in waarna die kinders kan wys. Die span, in samewerking met Tobii Dynavox, het simbole en woorde aangepas om plaaslike realiteite te weerspieël. Die projekleier, Juan Bornman, sê […]