# Suid-Afrika ondersteun ‘n wetlik-bindende wêreldwye verdrag om plastiek deur die totale lewensiklus van die produk te verminder. Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, lei ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging na die tweede deel van die vyfde Inter-regering Onderhandelingkomittee oor plastiekbesoedeling in Genève. Die verdrag probeer om klimaat- en biodiversiteitsdoelwitte te belyn terwyl […]
# Gesprekke in Genève om ‘n mylpaalverdrag op te stel om die wêreldwye plaag plastiekbesoedeling aan te pak, het sy tweede week betree, met lande wat vier dae voor die sperdatum steeds koppe stamp. Plastiekbesoedeling kom so algemeen voor dat mikroplastiek op die hoogste bergpieke en in die diepste dele van die oseaan gevind is, […]
# Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie het die besluit van die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George verwelkom, om Eskom se omgewingsmagtiging vir ‘n vier-duisend-megawatt kernkragstasie in Duynefontein, Wes-Kaap te ondersteun. Necsa beklemtoon die kritieke rol wat kernkrag in Suid-Afrika se minimumlading en die strategie vir die vermindering van kweekhuisgasse speel. Die nuwe kragstasie […]
# ‘n Man in Oostenryk het op ‘n hoëspoedtrein gespring nadat hy by ‘n stasie afgeklim het om gou vinnig ‘n dampie te maak. Plaaslike media berig die man, ‘n 24-jarige Algeryn, het besef die trein begin wegtrek en het besluit om op die spasie tussen twee waens te spring. Hy het teen die vensters […]
# Die Anglikaanse Aartsbiskop, Thabo Makgoba, het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om saam met geloofsorganisasies te werk om die lewens van veral die armes en die kwesbares te verbeter. Makgoba het by die G20 Intergeloof-forum in Kaapstad regerings aangemoedig om te belê in programme wat lewens verbeter en vrede bevorder. Hy het beklemtoon dat […]
# Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sal opskuif na gesamentlik tiende op die lys van mees ervare toetsveterane wanneer hy Saterdag op Ellispark opdraf in die Rugbykampioenskapswedstryd teen Australië. Sy rekord van die meeste toetse vir Suid-Afrika skuif dan op na 134 – gelyk met die Walliese stut, Gethin Jenkins. Etzebeth en Lood de Jager […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, versoek huiseienaars en ondernemings om die registrasie van hul son-fotovoltaïese en batterystelsels by Eskom uit te stel totdat die huidige probleme opgelos is. Dit volg ná ‘n vergadering tussen die organisasie en die kragvoorsiener se verspreidingsbestuur waar kommer uitgespreek is oor duur en beperkende registrasiereëls. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne […]
# ‘n Britse rugsaktoeris wat in Wes-Australië op ‘n werksvakansievisum was, het skuldig gepleit aan die moord op ‘n man wat sy met ‘n e-bromponie raakgery het met ‘n bloedalkoholvlak meer as drie keer die wettige perk. Die 25-jarige Alicia Kemp en ‘n vriend het die bromponie gehuur nadat hulle by ‘n kroeg uitgeskop is. […]
# Gemengde gevegskuns: Die Suid-Afrikaner Dricus du Plessis glo hy is die buiteperd wanneer hy sy middelgewig- wêreldkampioenskapstitel die derde keer verdedig. Hy veg die naweek in Chicago, Illinois, teen Khamzat Chimaev. Du Plessis het ‘n beroepsrekord van 23 oorwinnings en twee nederlae en het die afgelope 11 gevegte gewen, maar glo die Rus is […]