# Sokker: Suid-Afrika het hulle eerste oorwinning in Groep C behaal met ʼn 2-1-sege oor Guinee in die Afrikanasies-kampioenskap in Kampala. Bafana Bafana-kaptein Neo Maema het die eerste doel in die tiende minuut aangeteken. Moussa Camara van Guinee het die telling voor rustyd gelykop gemaak. In die 54ste minuut het Wayde Jooste die man van […]
# President Donald Trump het twyfel uitgespreek of sy ontmoeting Vrydag met die Russiese president Vladimir Putin in Alaska ‘n verskil sal maak in die bereiking van ‘n vredesooreenkoms. Hy het die ontmoeting beskryf as ‘n vergadering om die water te toets. Trump sê hoewel die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky nie deel van die vergadering […]
# Die Voorbereidende Taakspan sê die geraamde begroting van 700-miljoen-rand vir die Nasionale Dialoog is ‘n voorlopige syfer. Die koste van die geleentheid het kritiek ontlok oor of die land so ‘n onderneming kon bekostig, gegewe die beperkings op die fiskus. Die eerste Nasionale Konvensie, wat tot die Nasionale Dialoog sal lei, sal Vrydag en […]
# Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Junie met twee-persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die styging is hoofsaaklik as gevolg van groei in voedsel-, drank- en petroleumverwante produkte. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê seisoensaangepaste verkope het van Mei tot Junie met twee-persent gestyg, met verkope vir die afgelope drie maande wat […]
# Die voorsitter van die Collen Mashawana-stigting, Collen Mashawana, ontken sy betrokkenheid by die bou van die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, se luukse huis. ‘n Daily Maverick-verslag noem Luande Mukhethwa Properties in betalings aan ‘n kontrakteur vir die projek. Die onderneming sê dit was roetine-transaksies, sonder enige kennis van Malaka […]
# Die Daily Maverick berig die geskorste uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, se befondser is die sakeman en voorsitter van die Collen Mashawana-stigting en die Afribiz Groep, Collen Mashawana. Die stigting het na bewering ‘n Onafhanklike Ontwikkelingstrust-kontrak van 60-miljoen-rand ontvang om werkverskaffingskemas te bedryf, ten spyte van ‘n gebrek aan ervaring. Rekords […]
# Die DA sê Gauteng het ‘n skokkende tien-jaar vertraging met toksikologieverslae vir onnatuurlike sterftes. Volgens die party, kan families wat wag vir antwoorde nie geregtigheid kry of hulle geliefdes begrawe nie. Die agterstand behels 140-duisend sake landswyd as gevolg van forensiese laboratorium-mislukkings, ten spyte van ‘n 703-miljoen-rand fasiliteit in Johannesburg wat nog nie ingebruik […]
# Die voorsitter van die Staande Komitee oor Begrotings, Mmusi Maimane, het intussen kommer uitgespreek oor die gebrek aan ‘n duidelike befondsingsplan vir die komende Nasionale Dialoog. Maimane het die dialoog, wat gemik is op eenheid en die heroorweging van Suid-Afrika se toekoms, as kritiek beskryf, maar hy waarsku ook om nie hulpbronne wat vir […]
# Krieket: ‘n Reuse-taak wag vandag in Darwin op die Proteas wat Australië moet weerhou van ‘n tiende agtereenvolgende T20-oorwinning om die reeks van drie wedstryde te probeer red. Die gashere het die besoekers in Sondag se eerste wedstryd met 17 lopies verslaan toe Tim David ‘n blitsige 82 van slegs 52 balle aangeteken het. […]