# Die Stad Tshwane sê hy het met ʼn veldtog begin om huiseienaarskap en eiendomsekerheid in Soshanguve-Suid uitbreiding 6 en 7 te verseker. Die metro het onlangs titelaktes in die gebied uitgedeel. Die burgemeesterskomiteelid vir Behuising en Menslike Nedersettings, Aaron Maluleka, sê die metro wil gemeenskappe deur huiseienaarskap bemagtig:
# Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het kommer uitgespreek oor die toenemende konflik tussen Israel en Iran. Die krisis het Vrydag ontstaan toe Israel kern- en militêre persele reg oor Iran aangeval het en Teheran wraakaanvalle op Israelse stede uitgevoer het. Meer as 500 mense is in albei lande dood. Guterres se woordvoerder, […]
# Die Stad Kaapstad sê die direktoraat van Korporatiewe Dienste sal Finse kenners se hulp ontvang oor die toepassing van bewys- en data-ontleding vir langtermyn-beplanning en -besluitneming. Die direktoraat bestuur ʼn portefeulje van 159 geboue, 11 munisipale howe en 38 vroeëkinderjare-ontwikkelingsentrums. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste, Theresa Uys, sê die metro werk daaraan om sy […]
# Die Funda Gemeenskapsopleidingsentrum het sy 13de bestaansjaar gevier met ‘n loopbaanuitstalling in Soweto. Dit was in vennootskap met Black Child Rise, en iLAB Foundation. Die geleentheid was gemik op die bemagtiging van die jeug deur middel van vaardigheidsopleiding en loopbaanvoorligting. Talle studente het reeds beurse, werk en universiteitstoelating verwerf. Die programme wissel van finansiële […]
# Die Stad Kaapstad en die nasionale Departemente van Binnelandse Sake en Openbare Werke het saam by die Wes-Kaapse Hooggeregshof aansoek gedoen vir ʼn uitsettingsbevel. Dit is vir meer as 360 buitelanders wat steeds twee persele in Wingfield en Paint City in Bellville onwettig beset. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die buitelanders het talle aanbiedinge vir […]
# Die Stad Tshwane se Gedeelde Dienste-span het die inligting- en kommunikasietegnologie-verbindings van ‘n wye reeks openbare fasiliteite in Centurion en Olievenhoutbosch herstel. Dit volg na infrastruktuurskade wat veroorsaak is deur die brand by die Zwartkop-substasie en voorvalle van protesverwante vandalisme. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê klinieke, biblioteke, brandweerstasies, kliëntedienssentrums […]
# Die Instituut vir Sekerheidstudies sê Afrika moet waaksaam en proaktief wees in sy verhouding met die Europese Unie en China in die lig van Amerika se omkeer van klimaatsverbintenisse. Die vasteland het 80-persent van die wêreldwye energietekort, maar het in 2022 net twee-persent van die beleggings in hernubare energie ontvang. Die instituut se navorsingsgenoot, […]