# Die polisie sê sy landwye Vala Umgodi-operasies maak steeds noemenswaardige vooruitgang om onwettige mynbou te bestry en te voorkom. Woordvoerder, Vincent Mukhathi sê 239 verdagtes van verskeie nasionaliteite is die afgelope week regoor die land in hegtenis geneem. Hy sê sedert die begin van Vala Umgodi in Desember 2023, is meer as 27-duisdend verdagtes […]
# Die regering sê die toenemende neiging om af te pers, waar misdadigers betaling vanaf sake-eienaars of liefdadigheidsorganisasies eis en met geweld dreig, sal nie geduld word nie. Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, veroordeel die dreigemente en intimidasie teen Gift of the Givers terwyl hulle lewensreddende hulp verleen aan vloedgeteisterde gemeenskappe in Mthatha in […]
# KwaZulu-Natal is die eerste provinsie om ‘n digitale voorsieningskettingbestuurstelsel in te stel, wat ten doel het om bedrog, korrupsie en onreëlmatige besteding te bekamp. Die stelsel is deur die LUR vir Finansies, Francois Rodgers, in Pietermaritzburg bekendgestel en sal tydens die 2025/26-boekjaar se begroting van 158-miljard-rand van stapel gestuur word. Rodgers sê die stesel […]
# Die DA eis aanspreeklikheid oor die uitsluiting van syfers oor geslagsgeweld en misdade teen kinders in die polisie se jongste misdaadstatistieke. Lisa Schickerling van die party sê in ‘n land waar ‘n vrou elke drie uur vermoor word, is die weglating nie net ‘n statistiese gaping nie, maar ‘n morele mislukking. Sy sê die […]
# Basketbal: Die Buss-familie wat Los Angeles Lakers sedert 1979 besit, het ingestem om sy meerderheidsaandeel in die franchise vir ʼn rekordbedrag van 180-miljard-rand te verkoop. Dis die grootste verkope van ʼn beroepsport-franchise in die wêreld. Die familie het ʼn ooreenkoms gesluit met TWG Global se stigter en uitvoerende hoof, Mark Walter, wat Los Angeles […]
# Die DA in Gauteng sê die provinsiale wetgewer se voorsittende beamptes weier aanspreeklikheid deur premier Panyaza Lesufi en sy uitvoerende gesag te beskerm teen vrae oor diensleweringskwessies. Die beamptes laat nie vrae toe oor e-tolstelsels, leefstyloudits, ekonomiese ontwikkeling en geslagsgeweld nie. Mike Moriarty van die DA sê inwoners verwag aanspreeklikheid van hulle regering:
# Die Israelse Weermag is beveel om aanvalle op strategiese teikens in Iran te verskerp. Dit volg nadat Iran vandag sy jongste vlaag van ongeveer 30 ballistiese missiele op Israel afgevuur het. ‘n Hospitaal in Berseba is getref, wat meer as 60 mense beseer het. Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, sê die doelbewuste […]