# Sokker: Matheus Nunes sê om te kwalifiseer vir die Kampioeneliga sal nou Manchester City se ‘Premieliga-trofee’ wees na ‘n swak liga-veldtog. Die Portugese internasionale speler het Dinsdag die wendoel teen Aston Villa aangeteken, wat City na derde plek op die punteleer laat opskuif het. Liverpool is feitlik verseker van die Liga-titel en Arsenal is […]
# Padwedlope: ’n Nuwe wêreldrekord is Sondag in die vooruitsig in die Londense Marathon. Die huidige rekord is vroeër die maand in die Paryse Marathon opgestel toe 56-duisend-950 atlete die wedloop klaargemaak het, terwyl meer as 55-duisend atlete in verlede jaar se New Yorkse Marathon gehardloop het. Sondag se roete begin by Greenwichpark en eindig […]
# Sokker: Mamelodi Sundowns kom môre in Kaïro teen die Egiptiese span Al Ahly te staan in die tweede wedstryd van hul CAF Kampioeneliga-halfeindstryd. Die eerste wedstryd in Pretoria het sonder doelle gelykop geëindig. Sundowns se hoofafrigter, Miguel Cardoso, sê hulle behoort in staat te wees om te wen ondanks die moelike omstandighede. Die tuisspan […]
# Die Unisa Thabo Mbeki Afrika-skool vir Openbare en Internasionale Sake, in vennootskap met die Miriam Makeba-stigting, sal vandag die derde jaarlikse Miriam Makeba-gedenklesing by Unisa se hoofkampus in Tshwane aanbied. Die lesing, met die tema ‘Aluta Continua,’ gedenk 30 jaar sedert Suid-Afrika se politieke skikking van 1994, en sal Makeba se nalatenskap vereer. Sprekers […]
# Die polisie het 369 verdagtes landwyd gearresteer deur operasie Vala Umgodi vir misdade wat onwettige mynbou, moord en die besit van plofstof insluit. In die Noord-Kaap het die polisie tydens twee operasies op 60 ongeslypte diamante beslag gelê. Die polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê groot suksesse is ook in die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga […]
# Die vakbond Solidariteit gaan regstappe doen teen president Cyril Ramaphosa vir minagting van die hof. Dit volg ná die regering se beweerde versuim om ‘n hof-goedgekeurde ooreenkoms oor rassewetgewing ten volle in te stel. Dirk Hermann van Solidariteit sê sleutelklousules rakende tydelike raswette en vaardigheidsgebaseerde aanstellings is nie by die finale weergawe ingesluit nie:
# Regter Nathan Erasmus het die verdediging se aansoek geweier om aanklagte te laat vaar teen Kelly Smith en Steveno van Rhyn in die Joslin Smith-verhoor. Die verdediging het ‘n gebrek aan geloofwaardige bewyse aangevoer, maar die Hooggeregshof, wat in Saldanhabaai sit, het beslis dat daar wel ‘n saak teen hulle is. Van Rhyn en […]