# FNB het die 2025 Nasionale Finansiële Ombud van Suid-Afrika se toekenning vir uitnemendheid ontvang. Dis om erkenning te gee aan sy verbintenis tot regverdige behandeling van klante en uitnemende probleemoplossing. Die bank het die hoogste gemiddelde telling onder Suid-Afrika se grootste banke gekry vir die volgende drie kriteria: gehalte van reaksie, reaksietyd en regverdigheid. […]
# ʼn Amerikaanse regter het die Departement van Justisie se aansoek verwerp om grootjurie-getuienis van die Ghislaine Maxwell-saak bekend te maak. Die departement wou hê grootjurie-getuienis en bewysstukke van sake waarby die oorlede finansier en veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Epstein, betrek is, moet bekendgemaak word. Maxwell, wat ʼn jare lange vennoot van Epstein was, dien tans […]
# Die Hatfield-landdroshof het borgtog aan Thabo Enoch Theletsane, wat op parool is, geweier. Hy word beskuldig van bedrog en dat hy hom voorgedoen het as die voormalige Valke-hoof, Godfrey Lebeya. Die 41-jarige staan tereg op aanklagte van onder meer identiteitsbedrog. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê Theletsane het hom as Lebeya […]
# Rugby: Die Springbok-vrouegroep kom vandag in Johannesburg byeen voor hulle Donderdag na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker. Twee-en-dertig spelers onder leiding van Nolusindiso Booi is gekies en die span spog met spelers wat altesaam 689 keer vir die Bokke uitgedraf het. Suid-Afrika kom in Groep D teen Brasilië, Italië en Frankryk te staan. Die […]
# As deel van die Siyeza Nakuwe-diensleweringsveldtog besoek die Gautengse LUR vir Menslike Nedersettings, Tasneem Motara, vandag drie behuisingsprojekte in Ekurhuleni. Die doel is om die staat se dienste na gemeenskappe te bring en die instelling van belangrike nedersettingprojekte op grondvlak te beoordeel. Die LUR besoek die Thinasonke-, Helderwyk- and John Dube-behuisingsprojekte. Die departement se […]
# Ouers en voogde in die Wes-Kaap het net ʼn paar dae oor om aansoek te doen vir skool-oorplasings. Die proses het net betrekking op leerders in graad 2 tot 7 en graad 9 tot 12 wat reeds by ʼn skool ingeskryf is, maar na ʼn ander skool oorgeplaas moet word. Die DA-woordvoerder vir Onderwys […]