# Die Oos-Kaapse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Xolani Williams, het die onlangse vloede as katastrofies en ondenkbaar beskryf. Twee-en-neëntig sterftes is tot dusver bevestig, terwyl duisende mense dakloos gelaat is. Daar word verwag dat getalle sal styg terwyl soek- en reddingspogings voortduur. Williams het op ‘n gedenkdiens in Mthatha gesê treurende gesinne […]
# China pleit dat lande in die Midde-Ooste, veral Israel, gevegte staak ná hernude oor-en-weer-aanvalle tussen die land en Iran. China het op ‘n vraag oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se waarskuwing dat hy Amerikaanse militêre optrede in die konflik oorweeg, gesê hy is nie ten gunste van geweld nie. Guo Jiakun van die […]
# Die DA in Gauteng is bekommerd oor die honderde polisievoertuie wat stukkend is en dus misdaadvoorkoming en polisiesigbaarheid belemmer. Die DA-lid, Crezane Bosch, het onthul 710 uit die vyf-duisend-630 voertuie is gebreek, met stasies soos Ivorypark en Sentraal Pretoria wat die ergste geraak word. Sy het die premier, Panyaza Lesufi, versoek om vinnig in […]
# ‘n Hospitaal in die suide van Israel en twee dorpe naby Tel Aviv is vanoggend deur ‘n groot aantal Iranse missiele getref. Reddingswerkers berig minstens 47 mense is in die jongste aanvalle beseer. Die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu, waarsku dat Iran “‘n duur prys sal betaal” ná die aanval op die Soroka-hospitaal […]
# Regerings regoor die wêreld is besig om duisende van hul burgers wat vasgekeer is in die vinnig verslegtende konflik tussen Israel en Iran, met busse, per vliegtuig en in sommige gevalle selfs per voet, te ontruim. Buitelanders probeer reeds sedert verlede week om albei lande inderhaas te verlaat nadat Israel Vrydag bomaanvalle teen Iran […]