# Die Stad Tshwane sê hy het nog nie ʼn aansoek ontvang vir ʼn betoging oor die beweerde verkragting van Cwecwe, die sewejarige Oos-Kaapse meisie nie. Justice for SA beplan vandag ʼn reeks optogte in verskeie stede. Die beweerde verkragting het woede ontlok oor verskeie stelselprobleme in hantering van die saak. Ten spyte van wydverspreide […]
# Die Universiteit van Fort Hare gaan volgende maand eredoktorsgrade aan twee vooraanstaande skeppers toeken by sy herfsgradeplegtigheid. Die skrywer Mda Mda gaan ‘n eredoktorsgraad in regte ontvang terwyl die dokumentêre fotograaf Omar Badsha ‘n doktorsgraad in filosofie kry. Meer as drie-duisend studente gaan hulle swaarverdiende grade tydens die gradeplegtigheid ontvang, waarvan 64-persent vroue is. […]
# Die bekroonde Hollywood-akteur, Robert De Niro, sal volgende maand die ere- Palme d’Or-toekenning ontvang op die 78ste Cannes-rolprentfees. Ander akteurs wat hiermee vereer is, sluit in Meryl Streep en Jodie Foster. De Niro het ʼn lang geskiedenis met die fees. Hy was 14 jaar gelede voorsitter van die beoordelaarsjurie, en het op die rooitapyt […]
# Die Stad Kaapstad se Water- en Sanitasie-direktoraat het ʼn bestuursforum vir die Eerste- en Kuilsrivier-opvangsgebied gestig. Die forum sal gemeenskapsgedrewe projekte bevorder om die toestand van besoedelde riviere en die omliggende omgewing te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die opvangsgebied dek 37 wyke en agt sub-rade, en sluit vyf […]
# ‘n Kaapstadse inwoner het ‘n formele klagte teen die burgemeester, Geordin Hill-Lewis gelê en beweer hy misbruik sy mag en maak hom skuldig aan teistering. Suzette Little van GOOD sê hulle het die kantoor van die munisipaliteit se speaker genader om te bevestig dat belastinggeld nie gebruik sal word om die burgemeester te verdedig […]
# Wetenskaplikes van Suid-Afrika en Brittanje het ‘n sintese-raamwerk ontwikkel om veranderinge in insek-bioverskeidenheid vinnig te evalueer. Die model integreer tydreekse, ruimtelike vergelykings, proefnemings en kundige menings wat leiding verskaf aan bewaringsbeleid. Die studie wat in Science gepubliseer is, belig die globale afname in die insekbevolking en die behoefte aan onmiddellike optrede. Insekte is ‘n […]
# Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap brei sy ondersteuningsprogram uit om meer behoeftige huishoudings te help. Van die eerste Julie af sal inwoners wat kwalifiseer, se rekeninge vir water, elektrisiteit, vullisverwydering en eiendomsbelasting verlaag word. Voorheen het slegs huishoudings wat vyf-duisend-460-rand of minder per maand verdien, hulp ontvang. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê […]