# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Viëtnam is verbind tot die oorskakeling na skoner vorme van energie. Ramaphosa het tydens die Viëtnam-SA Sakeforum in Hanoi gepraat. Hy sê Suid-Afrika bevorder hernubare energie- en groen waterstofprojekte, terwyl Viëtnam ook in volhoubare energie-infrastruktuur belê. Die president sê albei lande moet saamwerk met die vervaardiging van elektriese […]
# ‘n Lid van die taakspan vir politieke moorde, Getuie C, het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Jerry Boshoga word steeds vermis nadat hy verlede jaar ontvoer is. C, wat met ‘n gesigsbedekking getuienis aflê vanuit ‘n geheime plek, sê die polisie het ‘n klopjag uitgevoer op die herehuis van die verdagte tenderpreneur Vusimuzi […]
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê die SAPD is nie bestendig nie omdat nasionale kommissarisse selde hul termyne voltooi. Hy het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê gedurige leierskapsveranderinge ontwrig die ontwikkeling en inwerkingstelling van die polisie se organogram. Cele het opgemerk dat elke kommissaris halfgebakte werk agterlaat, wat bestendigheid verhoed. […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, het die Minibus-taxi Uitvoerende Leierskapsprogram by die Universiteit Kaapstad se Nagraadse Sakeskool bekendgestel. Die sesmaande program is gemik op die ontwikkeling van etiese, vernuwende en toekomsgerigte leiers vir die taxibedryf deur akademiese studies met gemeenskapsprojekte te kombineer. Die program fokus op selfontwikkeling, samewerking en vernuwing, wat deelnemers […]
# Die GOOD-party sê hulle gaan nie die naweek aan die Johannesburg Pride sal deelneem nie. Die party sê die groeiende verdeeldheid binne die LGBTQIA+-gemeenskap rondom die geleentheid het ‘n breër en diep kommerwekkende tendens uitgelig, een wat Pride-optogte in verskeie groot metropolitaanse gebiede, insluitend Kaapstad en Tshwane, beïnvloed het. Keagen Gertse van GOOD sê […]
# Die DA sê die Nasionale Krugerwildtuin se globale handelsmerk is die grondslag van Suid-Afrika se florerende ekotoerisme-ekonomie. Die party sê die poging om die naam te verander, wat deur die EFF geopper en deur die MK-party en die ANC in Mpumalanga se wetgewer ondersteun is, was niks meer as ‘n leë vertoningsgebaar nie. Andrew […]