# ʼn Amerikaanse regter het die Departement van Justisie se aansoek verwerp om grootjurie-getuienis van die Ghislaine Maxwell-saak bekend te maak. Die departement wou hê grootjurie-getuienis en bewysstukke van sake waarby die oorlede finansier en veroordeelde seksoortreder, Jeffrey Epstein, betrek is, moet bekendgemaak word. Maxwell, wat ʼn jare lange vennoot van Epstein was, dien tans […]
# Die Hatfield-landdroshof het borgtog aan Thabo Enoch Theletsane, wat op parool is, geweier. Hy word beskuldig van bedrog en dat hy hom voorgedoen het as die voormalige Valke-hoof, Godfrey Lebeya. Die 41-jarige staan tereg op aanklagte van onder meer identiteitsbedrog. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê Theletsane het hom as Lebeya […]
# Rugby: Die Springbok-vrouegroep kom vandag in Johannesburg byeen voor hulle Donderdag na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker. Twee-en-dertig spelers onder leiding van Nolusindiso Booi is gekies en die span spog met spelers wat altesaam 689 keer vir die Bokke uitgedraf het. Suid-Afrika kom in Groep D teen Brasilië, Italië en Frankryk te staan. Die […]
# As deel van die Siyeza Nakuwe-diensleweringsveldtog besoek die Gautengse LUR vir Menslike Nedersettings, Tasneem Motara, vandag drie behuisingsprojekte in Ekurhuleni. Die doel is om die staat se dienste na gemeenskappe te bring en die instelling van belangrike nedersettingprojekte op grondvlak te beoordeel. Die LUR besoek die Thinasonke-, Helderwyk- and John Dube-behuisingsprojekte. Die departement se […]
# Ouers en voogde in die Wes-Kaap het net ʼn paar dae oor om aansoek te doen vir skool-oorplasings. Die proses het net betrekking op leerders in graad 2 tot 7 en graad 9 tot 12 wat reeds by ʼn skool ingeskryf is, maar na ʼn ander skool oorgeplaas moet word. Die DA-woordvoerder vir Onderwys […]
# In Vrouemaand plaas die Stad Kaapstad die kollig op die sigbare bydrae van sakeondernemings in vroue-besit in die plaaslike ekonomie. Een so ‘n onderneming is ABC Clothing in Maitland wat plaaslike naaldwerkers en kleremakers bemagtig. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê Vroue in Besigheid het meer as twee-duisend vroue-entrepreneurs die afgelope 25 […]