# Sokker: Die Engelse klub Tottenham se Israelse vleuel, Manor Solomons, is steeds in sy vaderland vasgekeer nadat hy teruggegaan het om te trou. Die 25-jarige en sy jarelange lewensmaat, Dana Voshina het Donderdag die knoop deurgehaak maar kon Israel nie verlaat nie want die Weermag het die lugruimte vir burgerlike vlugte gesluit na Iranse […]
# Rugby: Owen Farrell is nie spyt dat hy Frankryk toe is nie, ondanks net een teleurstellende seisoen vir Racing 92 voor hy na Saracens teruggekeer het. Swak spelpeil en ‘n reeks beserings het beteken hy kon slegs 17 wedstryde in alle kompetisies speel. Die voormalige Engelse kaptein het oor 16-jaar 250 wedstryde vir Saracens […]
# Die DA veroordeel die massaskietery in Philippi-Oos waarin drie mans dood en een beseer is. Die DA-woordvoerder in die Wes-Kaap, Thomas Walters, sê polisiestasies is onderbeman en daar is nie genoeg hulpbronne nie, wat gemeenskapsveiligheid in gevaar stel. Walters doen ‘n beroep op ‘n volledige polisie-aksieplan met duidelike tydlyne om geweldsmisdaad te bestry. Hy […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het klagtes teen voormalige G4S-werknemer, Motanyane John Masukela, in die Thabo Bester-tronkontsnappingsaak teruggetrek. Masukela was aan diens tydens Bester se beweerde nagemaakte dood en het saam met agt medebeskuldigdes in die Bloemfonteinse Hooggeregshof verskyn vir ‘n voorverhoorkonferensie. Klagtes teen drie ander G4S-werkers in in Oktober 2023 teruggetrek. Staatsaanklaer Amanda Bester het […]
# ActionSA sê handels- en vervoerinfrastruktuur onderpresteer en belemmer ekonomiese groei en werksgeleenthede. Volgens die party het die Durban- en Kaapstad-hawens gedaal op die wêreldranglys, vragvervoervolumes staan stil en beperk groei in belangrike sektore soos mynbou en landbou. Lerato Ngobeni van ActionSA sê hoewel Eskom se energiebeskikbaarheid verbeter het en beurtkrag verminder het, word teikens […]
# Die Durbanse Handelsmisdaadhof het die saak uitgestel teen sewe mense wat daarvan verdink word dat hulle deel is van ‘n paspoortbedrog-sindikaat. Hulle sal Vrydag aansoek doen om regshulp en borgtog. Amptenare van Binnelandse Sake is na bewering ook betrokke by die bedrogspul. Die groep staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en oortredings van […]
# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Carlo Hofmeester en Chadwin Isaacs van die Fast Guns-bende tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die vyfjarige Valentino Grootetjie in Lavender Hill, Kaapstad, in 2019. Die twee is ook gevonnis op verskeie aanklagte van poging tot moord. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag sê regter Melanie Holderness het […]