# Die Ondersoekkomitee van die Gautengse wetgewer, onder die voorsitterskap van Matshidiso Mfikoe, sal vandag besoek aflê by die Midrandse noodmediese-dienste om die instel van hersiene ambulansdiensfooie te beoordeel. Dit volg ná ‘n jaarlikse verhoging van 4,3-persent wat in Mei goedgekeur is. Die besoek het ten doel om ooreenstemming tussen openbare diensmandate en grondwetlike beginsels […]
# Rugby: Die Britse en Ierse Leeus het Leicester se skrumskakel, Jack van Poortfliet, opgeroep as dekking vir die Ierse speler, Jamison Gibson-Park, wat ‘n geringe besering opgedoen het. Hoofafrigter Andy Farrell het ‘n aantal spelers gevra om die Leeus by te staan met voorbereiding vir hulle opwarmingswedstryd teen die Pumas voor hulle toer in […]
# ActionSA sê bykans 12-miljoen werklose Suid-Afrikaners word sielkundig verwoes weens die verergerende werkskrisis. In ‘n verslag oor die RNE se prestasie in sy eerste bestaansjaar, kritiseer Alan Beesley van ActionSA die regering omdat hy nie daarin kon slaag om die ekonomie te laat groei nie, en waarsku 300-duisend werksgeleenthede is in die laaste kwartaal […]
# Finansiele druk, veroorsaak veral deur jeugwerkloosheid en werksonsekerheid, is besig om die egskeidingskoers in armer Chinese streke op te jaag. Volgens Reuters, waarsku demograaf Yi Fuxian die egskeidingskoers vir 2024 word op 2,6 per een-duisend gereken, wat hoër as die 2,0 koers gedurende die Covid-19 pandemie. Yi sê dit is aansielik hoër as Japan se […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare meer as 245-duisend werkers, is bekommerd oor die voortgesette kritiek teen die Nasionale Vervolgingsgesag se prestasie in hoëprofielsake. Die vakbond verdedig hardwerkende aanklaers wat worstel met haglike werksomstandighede, personeeltekorte en swak betaling. Die vakbond sê die NVG se mislukking om te vervolg is weens sistemiese onderbefondsing en nie onbevoegdheid nie. […]
# AfriForum vra die minister van Vervoer, Barbara Creecy, om tydelike rybewyse gratis aan motoriste te voorsien wat betyds hernu. Dit volg weens die 730-duisend agterstallige rybewyskaarte wat sedert verlede maand nie gedruk kon word nie omdat die drukker gereeld buite werking is. Louis Boshoff van AfriForum sê dis onregverdig om te verwag dat motoriste […]
# Motorsport: Kanada gaan ‘n Formule Een Grand Prix aanbied tot minstens 2035. Dit volg nadat die sport ‘n verlenging onderteken het met Kanada en Quebec vir ‘n wedren in Montreal, wat sy eerste Grand Prix in 1978 gehou het. Die wedren was in gedrang nadat F1 se uitvoerende hoof, Stefano Dominicali, verlede jaar ‘n […]
# ‘n Dokter van Los Angeles het ingestem om te erken dat hy die Friends-akteur Matthew Perry ketamien gegee het voor sy dood weens ’n noodlottige oordosis. Aanklaers sê Salvador Plasencia kan moontlik tot 40-jaar tronkstraf gevonnis word. Hy is een van vyf mense wat aangekla is na Perry se dood. Die akteur se gereelde […]
# Dereleen James van ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het nie wet en orde gevestig nie, en dus verdien hy nie ‘n slaagsyfer nie. Sy het in ‘n oorsig van die RNE se eerste jaar gesê meer as vyf-duisend mense is vermoor en meer as 13-duisend seksuele oortredings is binne slegs drie maande […]