# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, beklemtoon dat Suid-Afrikaanse handel met Amerika wedersyds-voordelig is en sê Amerika word bevoordeel deur Suid-Afrika se landbou-uitvoere. Steenhuisen het die media ingelig oor Suid-Afrika se reaksie op Amerikaanse tariewe en sê maatreëls sal ingestel word om die uitwerking te versag. Die minister sê baie van die produkte word in […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die noodsaaklikheid om uitvoermarkte te diversifiseer, was nog nooit meer dringend as in die huidige ekonomiese klimaat nie. Na die eensydige instelling van die onlangse 30-persent tariewe deur die VSA, het die regering ‘n meervlakkige reaksie in werking gestel om die nadelige uitwerking op die […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die VSA-Afrika Handelskantoor het bevestig dat verskeping van pluimvee en varkvleis van state soos Georgië, Mississippi en Alabama oor twee weke na Suid-Afrika op pad sal wees. Die regering onderhandel steeds met Amerika oor die eensydige tarief van 30-persent wat op ingevoerde Suid-Afrikaanse goedere […]
# Rugby: Nieu-Seeland se losvoorspeler, Wallace Sititi, is nie beskikbaar vir Sondag se eerste Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Argentinië in Cordoba nie. Hy herstel nog van ʼn enkelbesering wat veroorsaak het dat hy verlede maand se reeks teen Frankryk misgeloop het. Die moontlikheid bestaan nou dat Peter Lakai opgeroep kan word of dat Simon Parker sy buiging […]
# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging, SALGA, het die energiereguleerder Nersa gekritiseer omdat hy elektrisiteits-handelslisensies aan privaat instellings goedkeur voor behoorlike regulatoriese waarborge ingestel is. Eskom het ‘n hofsaak teen die goedkeuring van vyf handelslisensies en ‘n invoer-/uitvoerlisensie aanhangig gemaak. SALGA voer aan dat die lisensies, sonder behoorlike regulatoriese raamwerke, ‘n ongelyke speelveld skep wat munisipale […]
# Binnelandse Sake se gebou in Germiston, Gauteng, is vanoggend aan die brand gesteek te midde van gewelddadige betogings oor uitsettings in die middestad. Betogers eis volgens berigte om gratis in die Pharoepark-woonstelgebou te woon. Die Ekurhuleni-nooddienste, die polisie en die verkeersafdeling is ontplooi. Die owerhede het President-, Queen- en Jackstraat gesluit terwyl die brandweer […]
# Gholf: Die Sonskyn-toer en Fortress Real Estate Investments het die prysgeld aansienlik verhoog vir die Fortress-uitnodigingstoernooi wat in Oktober op die Glendower-gholfklub in Gauteng aangebied word. Dis tot 2,5-miljoen-rand aangepas, wat ʼn volle miljoen-rand meer is as toe die toernooi in 2022 die eerste keer aangebied is. Die jaareind-bonus vir die Fortress-“Beginner van die […]