# Statistieke SA het aangekondig dat 140-duisend mense in die tweede kwartaal vanjaar hul werk verloor het. Volgens die Arbeidsmagopname was daar ook ‘n toename van 19-duisend in die aantal mense wat werk. As gevolg van die veranderings in indiensneming en werkloosheid het die amptelike werkloosheidsyfer met 0,3 van ‘n persentasiepunt tot 33,2-persent gestyg. Werksgeleenthede […]
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, waarsku dat dit nadelig sal wees vir albei lande as Suid-Afrikaanse toegang tot Amerikaanse markte beperk moet word nadat die VSA verlede week eensydige tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel het. Hy sê die tariewe is nie net van toepassing op Suid-Afrika nie, maar het ‘n uitwerking […]
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê die regering sal ‘n sterk program van stapel stuur om die naskoolse onderwys- en opleidingsektor te hervorm. Die plan fokus op ses hoofdoelwitte en vyf sleutelareas, en begin met projekte soos Vaardighede tot Werkoorskakeling, Loopbaankeuses, en Geletterdheid vir Bemagtiging. Manamela het aan die media […]
# Die vakbondfederasie Cosatu is bekommerd oor berigte dat lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat op vredesendings in die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, nie hul volle toelaes ontvang het nie. Cosatu beskuldig senior generaals dat hulle fondse steel van gewone soldate wat hul lewens op die spel plaas. Matthew Parks van Cosatu […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die regering sal toegewese infrastruktuur ontplooi vir markuitbreiding. Dit sluit in handels- en landbou-attachés, verhoogde sertifiseringsvermoë van uitvoere en ‘n gesamentlike poging om biosekerheidstandaarde te belyn met die vereistes van hierdie nuwe markte. Tau het op ‘n nuuskonferensie oor Amerikaanse tariewe gesê ‘n hoëvlak-onderhandelingspan […]
# Die Departement van Binnelandse Sake gaan met Capitec en FNB saamwerk om Slim ID- en paspoortdienste by banktakke landwyd aan te bied. Capitec sal van Oktober 2025 af hierdie dienste by uitgesoekte takke bekendstel, met ‘n teiken van 100 teen vroeg in 2026, terwyl FNB sy eie toepassing sal aanpas. Die minister van Binnelandse […]
# Kaapstad het belê in 176 nuwe water- en sanitasievoertuie om diensbetroubaarheid en -doeltreffendheid te verhoog. Die vloot sluit in ‘n hyskraan-vragmotor, ‘n moderne straalmasjien-vragmotor, agt watertenkwaens, vakuum-kombinasievragmotors en nuwe suigvragmotors met gevorderde suigvermoë. Die burgemeesterskomiteelid, Zahid Badroodien, het die nuwe toevoegings geprys, veral die watertenkwaens om vinnig aan gemeenskappe te kan voorsien tydens onderbrekings. […]