# Die werkersvakbond GIWUSA veroordeel ten sterkste die voortgesette xenofobiese veldtog, gelei deur Operasie Dudula, March and March, ActionSA, en die PA, wat toegang tot gesondheidsorg aan migrante weier. Die president van GIWUSA, Mametlwe Sebei, sê klinieke en hospitale laat inwoners in die steek en daar is ook ‘n tekort aan kritieke gesondheidsorgpersoneel. Sebei sê […]
# Die Solidariteit-beweging, AfriForum en Solidariteit het onttrek van Vrydag se Nasionale Dialoog. Kallie Kriel van AfriForum sê hul ondersteun wel ware dialoog, maar die huidige formaat het ‘n regeringsgedrewe monoloog geword wat die ANC-agenda dien. Kriel sê daar kan nie op die ANC staatgemaak word om die krisisse wat hy self geskep het op […]
# Lerato Ngobeni van ActionSA het die brandstigting by die kantoor van Binnelandse Sake in Germiston tydens ‘n uitsettingsprotesaskie veroordeel. Twee mense is gearresteer. Ngobeni het aan Newzroom Afrika gesê die uitsetting van vier-honderd-families van Pharoe Park was volgens die regte prosedure as gevolg van onwettige besetting en huurwanbetaling, en erfbelasting en belasting wat nie […]
# ‘n Rolstoelgebonde voormalige takbestuurder van die Poskantoor in Shatale, Mpumalanga, Lucia Mashego, is beveel om meer as 146-duisend-rand van haar pensioen aan SASSA-begunstigdes terug te betaal nadat sy, ‘n teller en ‘n medepligtige saamgesweer het om van die geld te steel. Mashego het duplikaat-SASSA-kaarte gebruik om onregmatig 250-duisend-rand uit rekeninge te onttrek. Sy het […]
# Brittanje se werkloosheidsyfer bly op ‘n vierjaar-hoogtepunt. Werksgeleenthede het verminder in ‘n tydperk waarin ‘n belastingverhoging in die Verenigde Koninkryk en nuwe Amerikaanse tariewe in werking getree het. Die Kantoor van Nasionale Statistiek sê werkloosheid was op 4,7-persent vir die drie maande tot einde Junie, onveranderd teenoor die periode van Maart tot Mei. ‘n […]
# Die sokker-superster Cristiano Ronaldo het sy jarelange lewensmaat, Georgina Rodríguez, met ‘n skitterende diamantring gevra om te trou, en ondersteuners bespiegel oor die prys daarvan wat miljoene kan wees. Die 40-jarige voorspeler van Al-Nassr het die groot vraag gevra tydens ‘n romantiese wegbreek, agt jaar nadat die paartjie bekendgemaak het hulle is in ‘n […]