# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het ‘n openbare TB-platform in Johannesburg bekendgestel wat die jongste syfers weerspieël. Dit is in samewerking met die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens ontwikkel , en poog om TB-voorkoms en -sterftes teen 2035 te verminder. Die platform gee die publiek toegang tot geverifieerde nasionale […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik verwelkom Eskom se besluit om burokrasie vir residensiële sonkrag- en batterystelsels te verminder. Van 1 Oktober af kan nie net ingenieurs nie, maar ook geakkrediteerde elektrisiëns, kleinskaalse sonkraginstallasies onder die bestaande sertifikaat van voldoeningsraamwerk goedkeur. Dit sal koste en vertragings vir huiseienaars verminder. Die uitvoerende hoof van OUTA, Wayne Duvenage […]
# Die regterlike waghond Judges Matter sê die waarnemende Gautengse regter-president, Aubrey Ledwaba, moet op spesiale verlof geplaas word na ernstige bewerings van omkopery. Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê Ledwaba het 2,5-miljoen-rand ontvang om die vermeende kartelbaas Katiso Molefe te help vrylaat, maar Ledwaba ontken die bewerings. Mbekezeli Benjamin van Judges Matter sê […]
# Rugby: Die Bulle appelleer teen hulle Springbok-voorspeler Jan-Hendrik Wessels se swaar skorsing van nege weke ondanks ‘n oënskynlike gebrek aan duidelike bewyse. Hy is gestraf nadat Connacht se flank, Josh Murphy, hom daarvan beskuldig het dat hy hom tydens verlede naweek se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die bene gegryp het. Die Bulle sê geen nuwe […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Viëtnam is daartoe verbind om handelstruikelblokke te verminder en beleggingsbeskermingsraamwerke te versterk. Ramaphosa het die Viëtnam-SA Sakeforum in Hanoi toegespreek. Hy sê handel tussen Suid-Afrika en Viëtnam gaan nie net oor goedere en dienste nie, maar ook oor vertroue, vernuwing en gedeelde waardes. Die president sê hierdie forum […]
# Die voormalige minister van Polisie, Bheki Cele, sê hy het slegs twee ure gehad om aan die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu te oorhandig. Cele het voor die Parlement se ad hoc-komitee getuig hy het ‘n lywige oorhandigingsdokument voorberei, maar daar was nie enige verdere kontak daarna nie. Cele het bygevoeg dat hy […]