# Die DA-leier John Steenhuisen sê die ANC moet nou bewys hy is ernstig oor magsdeling in die regering van nasionale eenheid. Hy waarsku die era van enkelparty-heerskappy is iets van die verlede. Steenhuisen voeg by die DA het praktiese hervormingsvoorstelle aan president Cyril Ramaphosa gegee om groei en werksgeleenthede te bevorder en is gereed […]
# ‘n Ekonoom wie se werk die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie aangehaal het om tariewe te regverdig, sê amptenare het die navorsing wanvertolk en die tariewe moes hoogstens ‘n kwart wees van wat die Withuis aangekondig het. Brent Neiman, wat onder oudpresident Joe Biden ‘n amptenaar van die Amerikaanse Tesourie was, het in […]
# China het die Amerikaanse visepresident, JD Vance, gekritiseer omdat hy na Chinese mense as “peasants” verwys het in ‘n onderhoud wat wydverspreide reaksie op die internet in China ontketen het, sowel as vergelykings met Vance se eie selfverklaarde “hillbilly” agtergrond. Vance het met Fox News gepraat en president Donald Trump se ingrypende tariewe verdedig. […]
# President Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen vir die beëindiging van korrupsie binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die gemeenskap. Hy het tydens die polisieberaad klem gelê op aanspreeklikheid, etiese gedrag en integriteit. Ramaphosa vra ‘n meer professionele polisiediens, die verbetering van werwing en opleiding om ingewortelde tekortkominge teen te werk en openbare vertroue op […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die DA is besig met iets onderduims binne die regering van nasionale eenheid, veral oor die dooiepunt rondom die begroting. Hy het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die uitkomste van die party se nasionale werkskomiteevergadering en beskuldig die DA dat hy soos ‘n opposisieparty optree, die mense […]
# Oekraïne het vir die eerste keer bevestig dat sy troepe die naburige Russiese streek Belgorod binnegedring het. Zelenskyy sê Oekraïnese troepe is aktief in die grensgebiede. Hy het dit as regverdig beskryf en gesê die oorlog moet terugkeer na waar dit vandaan kom. Inwoners van Zelenskyy se tuisdorp het Maandag begrafnisse gehou vir sommige […]
# Die DA in KwaZulu-Natal sê hy het ‘n brief aan die munisipale bestuurder van die King Cetshwayo Distriksmunisipaliteit, Philani Sibiya, geskryf, om rekenskap te gee oor Nasionale Tesourie se besluit om toelaagfinansiering in die distrik te sny. Die Tesourie het toelaes van 26,5-miljoen-rand aan die distrik opgeskort, wat 20-miljoen-rand van die Streeks-grootmaatinfrastruktuurtoekenning en 6,5-miljoen-rand […]
# President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners versoek om die polisie te ondersteun in die stryd teen misdaad. Ramaphosa het op die Polisieberaad in Kemptonpark gepraat en beklemtoon misdaad raak die hele samelewing en ‘n kollektiewe poging word benodig om dit te kan hokslaan. Ramaphosa het ook erkenning gegee aan die uitdagings wat opkomende bedreigings soos […]