# Sokker: Engeland se beheerliggaam het die voormalige Premierliga-skeidsregter, David Coote, vir agt weke geskors oor aanmerkings wat hy verlede jaar oor die gewese afrigter van Liverpool, Jurgen Klopp, gemaak het. ‘n Video oor die aangeleentheid is wyd versprei. Coote sê hy het gedink hy was in ‘n privaat gesprek toe hy die aanmerkings gemaak […]
# President Cyril Ramaphosa woon van vandag af tot Vrydag die Afrika-Unie- en Afrika beraal vir die waterbeleggingsprogramin Kaapstad by. Die geleentheid, wat onder Suid-Afrika se G20-presidentskap gehou word, sal fokus op klimaatsveerkragtige water- en sanitasieprojekte regoor Afrika. Die woordvoerder in die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die beraad sal ook ‘n verklaring oor waterbeleggings lewer […]
# Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het sy Israelse ampsgenoot, Benjamin Netanyahu, daarvan beskuldig dat hy in ontkenning is oor die gevolge van die oorlog in Gaza. Hy sê frustrasie met die Israelse regering het ‘n rol gespeel in die besluit om volgende maand ‘n Palestynse staat te erken op die Verenigde Nasies se […]
# Opknappings aan die ongevalle- en noodeenheid van die Verre Oos-Randse Hospitaal in Ekurhuleni, Gauteng, sal volgende week begin en vier maande duur. Gedurende hierdie tyd sal nooddienste tydelik binne in die hospitaal verskuif word om te verseker dat sorg sonder onderbreking voortgaan. Motalatale Modiba van die departement sê sekere dienste sal na ander kliniese […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag se Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het beklemtoon dat geen lasbrief vir die inhegtenisneming van Nasionale Polisiekommissaris, Fannie Masemola, uitgereik is nie. NVG-woordvoerder, Henry Mamothame sê onlangse mediaberigte wat die tenoorgestelde aandui, is vals. Hy waarsku teen die verspreiding van misleidende inligting wat reputasies kan beskadig en die publiek kan mislei:
# ‘n Voormalige beskuldigde in die Joslin Smith-verhoor wat ‘n sleutelstaatsgetuie geword het, Laurentia Lombaard, vra vrywaring van vervolging. Haar prokureur, Eben van Tonder, het die Wes-Kaapse Hooggeregshof versoek om haar vry te spreek omdat sy gehelp het dat Kelly Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn lewenslange vonnisse kry. Lombaard het onthul Joslin is vir […]
# Die DA sê die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, se herleefde Nasi iSpani-program het misluk en nie werkloosheid verminder nie, aangesien dit steeds hoog is teen 33,8-persent. Die party voer aan meer as 2,6-miljoen inwoners is sonder werk, insluitend meer as tien-miljoen jongmense wat nie toegang het tot onderwys, indiensneming of opleiding nie. Die DA-lid, […]