# Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê hy gaan nie instem tot enige Russiese voorstel dat hy meer van sy land se grondgebied moet afstaan in ruil vir ʼn skietstilstand nie. Rusland het verlede week aangedui hy sal ʼn skietstilstand oorweeg indien Oekraïne onttrek uit die dele van Donbas wat hy steeds beheer. Moskou beset […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê instellings vir tegniese beroepsonderwys en -opleiding se studentetoelaes word nie betaal in rekeninge wat nie bygewerk is nie. Die skema loop al jare lank deur onder omstredenheid en studente kla dat hulle verblyf- en leeftoelaes nie betyds betaal word nie. Die skema se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku openbare gesondheid in Gaza is rampspoedig met hospitale wat ver bo hul vermoë moet werk. Minder as 50-persent hospitale en 38-persent basiese gesondheidsorgsentrums in Gaza is net gedeeltelik funksioneel. Sedert die begin van 2025 is 148 mense, insluitend 49 kinders, volgens berigte dood aan wanvoeding. Dokter Rik Peeperkorn van die WGO […]
# Die Vryheidsfront Plus sê dis baie duidelik dat die ANC as die grootste party in die regering van nasionale eenheid, nie gereed is om ʼn ware, beredeneerde en oplossing-gerigte dialoog te voer nie. Die party het onttrek aan die naweek se nasionale konvensie wat die agenda vir die nasionale dialoog wil saamstel. Die VF […]
# Gazastad loop deur onder ‘n ernstige lugaanval terwyl Israelse magte voorberei om die stad te beset. Israel se oorlogskabinet het Maandag gestem om Gazastad te beset, ‘n stap wat veroordeel is tydens ‘n noodvergadering van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad. Intussen het die Verenigde Koninkryk, die Europese Unie, Australië, Kanada en Japan in ‘n […]
# Die DA sê die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat ekonomiese hervormings vir groei en werkgeleenthede dringend ingestel moet word. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het met 0,3-persentasiepunte in die tweede kwartaal van hierdie jaar gestyg tot 33,2-persent. Volgens Statistiek SA is 140-duisend meer mense werkloos in vergelyking met die eerste kwartaal. Michael Bagraim van die […]
# Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê dringende verdelingsooreenkomste is nodig om Suid-Afrika se beesvleisuitvoere tydens siekte-uitbrekings te beskerm. Die vleisbedryfvereniging sê sulke ooreenkomste met handelsvennote sal ‘n volledige uitvoerverbod voorkom wanneer siektes soos bek-en-klouseer uitbreek, met beperkings wat slegs geaffekteerde gebiede sal raak. Die vereniging se uitvoerende hoof, Imameleng Mothebe, sê sterker gesondheidsbeheer […]
# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, en die stadsbestuurder, Johann Mettler, kan moontlik tronkstraf kry as hulle nie die stad se varsproduktemark herstel nie. Die Hooggeregshof in Pretoria het hulle 30 dae gegee om ‘n plan te beraam om dienste soos sekuriteit en rommelverwydering te verbeter, en om te verduidelik hoe 18-miljoen-rand vir opgradering […]
# Krieket: Die beslissende T20 tussen Suid-Afrika en Australië word Saterdag in Cairns gespeel nadat Dewald Brevis gister in Darwin die gasheer feitlik man-alleen verslaan het. Hy het ‘n blitsige onoorwonne 125 van net 56 balle gemoker – die hoogste T20-telling nog vir ‘n Protea-kolwer – en die besoekers het ‘n reuse-218 vir sewe behaal. […]