Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, het 19 Junie as ‘n provinsiale roudag verklaar ter herinnering aan diegene wat in die week se verwoestende oorstromings omgekom het. Tot dusver is 79 sterftes in die provinsie aangemeld. Die premier het aan die media gesê die regering en begrafnisondernemers werk saam om families te ondersteun. Nadoodse ondersoeke is […]
# Gholf: Die tweede ronde van die Amerikaanse Ope by Oakmont, Pennsilvanië, is weens storms en weerlig opgeskort. Thriston Lawrence van Suid-Afrika was op 4-oor in sy ronde na 17 putjies en 1-oor vir die toernooi toe spel gestaak is. Spel hervat vandag, voor die afsnypunt gefinaliseer word. Sam Burns, wat steeds voorloop, het die […]
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, sê inwoners moenie terugkeer na vloedgebiede nie en sê die grond is onwettig en in privaat besit. Hy het beklemtoon dat munisipaliteite verordeninge moet afdwing om onbeheerde nedersettings in vloedgebiede te voorkom. Met die voorbereiding van tydelike huisvesting vir die dakloses, het Mabuyane gewaarsku dat mense nie kan terugkeer […]
# Internasionale lugverkeer is ontwrig ná Israel se aanvalle op Iran gister, met verskeie groot lugdienste wat vlugte na en van plekke in die Midde-Ooste opgeskort en hul vliegtuie herlei het om die streek se lugruim te vermy. Kommersiële vlugte het gister onttrek uit die lugruim bo Iran en Israel, sowel as Jordanië, Sirië en […]
# COSATU het die terugkerende lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verwelkom ná hul vredesending in die Demokratiese Republiek die Kongo. Matthew Parks van die vakbondfederasie sê COSATU salueer hul opoffering en treur oor diegene wat tydens die sending omgekom het. Hy doen ‘n beroep op dringende ondersteuning, insluitend beter opleiding, toerusting en befondsing vir […]
# Krieket: Aiden Markram het ‘n onoorwonne 102 aangeteken en ‘n ononderbroke derde paaltjie-vennootskap van 143 met kaptein Temba Bavuma in Suid-Afrika se tweede beurt teen Australië in hul Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd op Lords in Engeland. Bavuma, wat aan ‘n dyspierbesering ly, het 65 lopies nie uit nie, aangeteken. Teen die einde van spel gister het die […]
# President Donald Trump kan voortgaan met die ontplooiing van Nasionale Wag-soldate in Los Angeles. Dit volg na ‘n hofuitspraak terwyl die betogings teen immigrasie-klopjagte na verwagting vir ‘n tweede week gaan voortduur. Dit is die sterkste reaksie teen die president sedert sy terugkeer in Januarie. Trump het gister die uitspraak van die 9de Amerikaanse […]