# ‘n Durbanse fotograaf Chris Clark het wêreldwye aandag getrek na sy foto van twee seilbote wat reusegolwe trotseer, as een van die top 120 finaliste in die gesogte Pantaenius-Seiljagwedvaart fotokompetisie gekies is. Clark, ‘n inwoner van Hillcrest en lid van die Hillcrest-kameraklub, het die foto tydens die Marriott Mirror Worlds-regatta in April geneem. Hy […]
# ActionSA sê daar is ‘n ontstellende patroon van samewerking tussen korrupte mense in die strukture van beide die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Johannesburg Metropolitaanse Polisiedepartement. Bewyse voor die Parlementêre ad hoc-komitee wys op ‘n beampte van die metropolisie wat ‘n sakeman wat van moord beskuldig is, help om staatstelsels te misbruik. Zwelithini Mtshali van […]
# Motorsport: Die sewemalige wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê die McLaren-renjaers, Oscar Piastri van Australië en die Brit Lando Norris, sal alles moet uithaal in die stryd vir die bestuurderskampioenskap met Max Verstappen. Daar is ‘n verskil van net 14 punte tussen Piastri en Norris, met Verstappen wat nou net 40 punte agter die voorloper is […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging se nasionale beamptes het eenparig besluit om die eerste adjunkpresident, Nolubabalo Mcinga, weens politieke wangedrag te ontslaan. Die party sê een van die redes vir haar verwydering is haar vergadering met MK-partyleier Jacob Zuma wat nie goedgekeur was nie. Die leier van die beweging, Floyd Shivambu, sê Mcinga se lidmaatskap van […]
# Cosatu het Eskom se nasionale bekendstelling van slimmeters verwelkom. Die projek is deel van die kragvoorsiener se groter plan om die nasionale netwerk te moderniseer. Eskom beoog om oor die volgende drie jaar 7,2-miljoen slimmeters deur die land te installeer. Die huidige fase van die bekendstelling sal na verwagting sowat 800-duisend kliënte bevoordeel. Matthew […]
# Die Vryheidsfront Plus sê hy is bekommerd omdat die Stad Tshwane kleinhoewes op die 2025 eiendomswaardasielys as residensiële eiendomme geklassifiseer het. Dit het tot aansienlik hoër eiendomsbelasting gelei. ʼn VF Plus-woordvoerder, Grandi Theunissen, sê alhoewel die waardasielys oop was vir openbare kommentaar, is daar nie behoorlik met eienaars gekommunikeer nie. Hy sê die ANC/ActionSA/EFF-regering […]
# Die DA in die Wes-Kaap het sy kommer uitgespreek oor die polisie se stadige reaksie om die name bekend te maak van die vier aangehoudenes wat Maandag by die Wynberg Landdroshof ontsnap het. Ses aangehoudenes wat op aanklagte van onder meer onwettige wapenbesit en huisbraak moes verskyn, het by die hof uit polisiebewaking ontsnap. […]
# Vier olifante is opgemerk naby Zutshwa in die Kgalagadi-streek in Botswana, net 70-kilometer vanaf die Kgalagadi-oorgrenspark op die grens met die Noord-Kaap. Dis die naaste waarneming aan die park in byna ʼn dekade. JP Smith van SANParke sê Botswana se Departement van Natuurlewe en Nasionale Parke het die waarneming bevestig, wat ʼn verskuiwing in […]