# Die ANC sê hoewel hy kennis neem van die toenemende stemme wat opgaan teen swart ekonomiese bemagtiging, is die wette nodig om transformasie te bevorder. ‘n DA-beleidsdokument vra die verwydering van wat hy beskryf as vernietigende ANC-beleid soos swart ekonomiese bemagtiging en grond-onteiening. Die ANC sê ontledings van 2023 en verlede jaar toon die […]
# Die Gautengse LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, bring vandag ‘n oorsigbesoek aan twee groot padrehabilitasieprojekte, in Irene, Tshwane en in Midrand, Johannesburg. Die doel van die besoek is om die werk wat tans aan die gang is en die huidige stand van die projekte te evalueer. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, […]
# Mahindra Suid-Afrika het ʼn nuwe voertuigmonteeraanleg by die Dube TradePort spesiale ekonomiese sone in KwaZulu-Natal geopen. Die fasiliteit kan een-duisend Pik Up-enkel- en dubbelkajuitmodelle per maand aanmekaar sit en die vermoë vergroot indien aanvraag toeneem. Dis ook ontwerp om nuwe modelle te bou wat Mahindra in die komende jare in die land bekend wil stel. […]
# ‘n Dosent in Beeldende Kunste aan die Universiteit van Fort Hare, Natasha Bezuidenhout, is aangewys as een van die top vyf finaliste vir die 2025 Bag Factory Artists’ Commission. Die Bag Factory is ‘n eietydse, visuele kunsorganisasie sonder winsbejag in Johannesburg. Kunstenaars is gevra om werk te skep wat ateljeeruimtes herverbeeld as samewerkende, volhoubare […]
# Die Stad Kaapstad se Departement Ontspanning en Parke gaan in aanloop tot die lente ophou om gras te sny in parke en openbare ruimtes sodat blomme hulle volle prag kan toon. Kaapstad word oor die algemeen erken as die stad met die grootste bioverskeidenheid ter wêreld. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Francine Higham, […]
# Die Stad Tshwane sê sy Elektrisiteit- en Energie-sake-eenheid maak vordering met die uitskakeling van diensonderbrekings deur problematiese elektrisiteitsnetwerke te stabiliseer. Die metro sê opgraderings is aan die laespanningnetwerke in Proklamasieheuwel en Fortsig in Streek 3 gedoen om kragonderbrekings te verminder. Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Frans Boshielo, sê hulle gaan voort met werk om te […]
# Die EFF het kommer uitgespreek oor die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname en sê die ekonomie groei nie. Die amptelike werkloosheidsyfer het vanjaar in die tweede kwartaal tot 33,2-persent gestyg. Die EFF sê die regering van nasionale eenheid het geen plan om groei in sukkelende provinsies te stimuleer, werksgeleenthede in swak sektore te beskerm of hulpbronne […]
# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen Carlos Alcaraz is deur na die vierde ronde van die Cincinnati-ope. Die Spanjaard het die Serwiër Hamad Medjedovic geklop in sy 50ste oorwinning van die seisoen. Andrey Rublev van Rusland het die Australiër Alexei Popyrin in drie stelle geklop. In die vroue-afdeling is die Amerikaner Coco Gauff deur na […]