# COSATU het die terugkerende lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag verwelkom ná hul vredesending in die Demokratiese Republiek die Kongo. Matthew Parks van die vakbondfederasie sê COSATU salueer hul opoffering en treur oor diegene wat tydens die sending omgekom het. Hy doen ‘n beroep op dringende ondersteuning, insluitend beter opleiding, toerusting en befondsing vir […]
# Krieket: Aiden Markram het ‘n onoorwonne 102 aangeteken en ‘n ononderbroke derde paaltjie-vennootskap van 143 met kaptein Temba Bavuma in Suid-Afrika se tweede beurt teen Australië in hul Wêreldtoetskampioenskap-eindstryd op Lords in Engeland. Bavuma, wat aan ‘n dyspierbesering ly, het 65 lopies nie uit nie, aangeteken. Teen die einde van spel gister het die […]
# President Donald Trump kan voortgaan met die ontplooiing van Nasionale Wag-soldate in Los Angeles. Dit volg na ‘n hofuitspraak terwyl die betogings teen immigrasie-klopjagte na verwagting vir ‘n tweede week gaan voortduur. Dit is die sterkste reaksie teen die president sedert sy terugkeer in Januarie. Trump het gister die uitspraak van die 9de Amerikaanse […]
# Die regering het 249 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwelkom na hul ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en weermagamptenare het die soldate ontvang, wat gisteraand ná verskeie vertragings weens logistieke en tegniese probleme aangekom het . Motshekga het hul toewyding aan […]
# Sokker: Die ster-doelskieter Robert Lewandowski oorweeg dit blykbaar om weer vir sy land, Pole, te speel na die bedanking van hoof-afrigter Michael Probierz. Hy het vroeër gesê hy is nie vir sy land beskikbaar solank Probierz in beheer is nie, omdat hy ongelukkig was met die manier waarop hy die kapteinskap ontneem is. Die […]
# Die plastiekherwinningsorganisasie, Polyco, sê die bemagtiging van jong mense deur herwinning en afvalbestuur is die antwoord om jeugwerkloosheid te beveg en ‘n groener omgewing te bou. Die organisasie sal hierdie maand se Groen Jeugindaba in Durban, KwaZulu-Natal, bywoon om jeugontwikkeling te ondersteun. Chantal Philander van Polyco glo die afval- en herwinningsektor bied daadwerklike geleenthede […]
# Die situasie is weer kalm in Meadowlands, Soweto, in Gauteng, ná versetoptrede oor langdurige kragonderbrekings. Gemeenskapslede het hierdie week die strate ingevaar en versper, en dringend ingryping geëis. Eskom het bevestig die toevoer in dele van die gebied is herstel, met tegnici wat steeds werk aan die heraansluiting van die oorblywende huise in Meadowlands […]
# AfriForum Jeug kritiseer die Noordwes-Universiteit nadat ‘n vergadering oor die sing van die omstrede ‘Kill the Boer’-dreunsang op die kampus, uitgestel is. Yvonne Gerber van die groep sê die vergadering is nou vir ‘n tweede keer uitgestel terwyl die universiteit versuim het om die lied in die openbaar te veroordeel. Gerber beklemtoon dat studente […]