# Die DA veroordeel Operasie Dudula se belemmering en intimidasie van buitelandse burgers wat gesondheidsorg benodig, veral in Gauteng en KwaZulu-Natal. Die groep beweer die land se gesondheidsorgstelsel is oorlaai met ongedokumenteerde buitelanders. Karl le Roux van die DA sê hulle het die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, versoek om openbare orde-polisielede te ontplooi […]
# Die DA in Gauteng sê die Merafong-munisipaliteit het vier-miljoen-rand vermors op ʼn konsep- organisatoriese struktuur wat nie die Munisipale Personeelregulasies van 2021 nakom nie. Die verslag is uitgereik in ʼn tussentydse hersiening deur die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake. Ina Cilliers van die DA sê volgens die departement is die munisipaliteit se […]
# Die vervaardiger van blou ammoniak en volhoubare chemikalieë, SUISO, sê hy is verbind tot grondrehabilitasie, herstel van bioverskeidenheid en volhoubare praktyke. Twee Chinese ingenieursmaatskappye het die laaste bod-ronde gehaal om vir SUISO ʼn steenkool-tot-kunsmis-nywerheidskompleks van 31,5-miljard-rand in Kriel, Mpumalanga, op te rig. Die aanleg wil 1,5-miljoen ton stikstofgebaseerde kunsmis per jaar vervaardig en terselfdertyd […]
# Build One SA sê die jongste kwartaallikse Arbeidsmagopname illustreer die regering se onvermoë om nuwe werksgeleenthede te skep en die ekonomie op ‘n dinamiese, gediversifiseerde wyse te laat groei. Die land se werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal van hierdie jaar tot 33,2-persent gestyg, teenoor die 32,9-persent in die eerste kwartaal. BOSA se woordvoerder, […]
# Die wêreldberoemde koraalriwwe aan die Wes-Australiese kus beleef die ergste verbleiking ooit ná die staat se langste, ergste mariene hittegolf. Wetenskaplikes sê tussen verlede Augustus en Mei vanjaar het warmer water aansienlike hittestres op die riwwe veroorsaak. Daarom het baie van die korale van die alge ontslae raak wat hulle lewe en kleur gee. […]
# Die Stad Tshwane sê Magalies Water het hulle in kennis gestel van ‘n beplande wateronderbreking vandag by die Themba-waterbehandelingsaanleg, Renstown-reservoir en -toring. Die toevoer sal van 7-uur tot 5-uur afgesluit word. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê ‘n span gaan ‘n vloeimeter installeer. Hy voeg by dat verskeie gebiede in Hammanskraal wateronderbrekings sal […]
# Die ANC sê hoewel hy kennis neem van die toenemende stemme wat opgaan teen swart ekonomiese bemagtiging, is die wette nodig om transformasie te bevorder. ‘n DA-beleidsdokument vra die verwydering van wat hy beskryf as vernietigende ANC-beleid soos swart ekonomiese bemagtiging en grond-onteiening. Die ANC sê ontledings van 2023 en verlede jaar toon die […]