# Die EFF het kommer uitgespreek oor die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname en sê die ekonomie groei nie. Die amptelike werkloosheidsyfer het vanjaar in die tweede kwartaal tot 33,2-persent gestyg. Die EFF sê die regering van nasionale eenheid het geen plan om groei in sukkelende provinsies te stimuleer, werksgeleenthede in swak sektore te beskerm of hulpbronne […]
# Tennis: Die vyfmalige Grand Slam-kampioen Carlos Alcaraz is deur na die vierde ronde van die Cincinnati-ope. Die Spanjaard het die Serwiër Hamad Medjedovic geklop in sy 50ste oorwinning van die seisoen. Andrey Rublev van Rusland het die Australiër Alexei Popyrin in drie stelle geklop. In die vroue-afdeling is die Amerikaner Coco Gauff deur na […]
# Die Britse Konserwatiewe leier, Kemi Badenoch, kritiseer die regering se beleid oor migrasie. Die jongste data toon dat meer as 50-duisend migrante die Engelse Kanaal met klein bote oorgesteek het sedert Keir Starmer eerste minister geword het. Volgens die Internasionale Organisasie vir Migrasie het minstens 20 mense vanjaar gesterf terwyl hulle probeer het om […]
# Die DA sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie kan naspoor of SAPD-arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit tot vervolging of skuldigbevindings lei nie. Die Wes-Kaapse polisie het tussen Januarie 2020 en Desember 2024 13-duisend-727 arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit aangemeld. Slegs een-duisend-745 sake het egter in skuldigbevindings geëindig, terwyl een-duisend-897 van die rol geskrap […]
# Die Vryheidsfront Plus het gister se gewelddadige betoging wat gelei het tot die brand in die Binnelandse Sake-gebou in Germiston, Ekurhuleni, sterk veroordeel. Twee verdagtes het volgens berigte tydens die betoging ʼn petrolbom in die gebou gegooi wat ontplof en die brand veroorsaak het. Monique Kriek van die VF Plus sê inwoners van die […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 13 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering sal na verwagting vyf jaar uitstel verleen aan Suid-Afrikaanse uitvoerders om gesamentlik verskepingskoste, intelligensie en infrastruktuur te dra as deel van ‘n reuse-poging om goedere in die lig van die VSA-tariewe mededingend te hou. # En die […]
# Die vakbondfederasie, Saftu, waarsku die land se werkloosheidskrisis gaan verder toeneem weens die Amerikaanse tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere. Die land se amptelike werkloosheidsyfer het vanjaar in die tweede kwartaal met 0,3-persentasiepunte toegeneem tot 33,2-persent. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê president Donald Trump se handelsoorlog is nie oor regverdige mededinging nie, maar […]