# Build One SA sê die jongste kwartaallikse Arbeidsmagopname illustreer die regering se onvermoë om nuwe werksgeleenthede te skep en die ekonomie op ‘n dinamiese, gediversifiseerde wyse te laat groei. Die land se werkloosheidsyfer het in die tweede kwartaal van hierdie jaar tot 33,2-persent gestyg, teenoor die 32,9-persent in die eerste kwartaal. BOSA se woordvoerder, […]
# Die wêreldberoemde koraalriwwe aan die Wes-Australiese kus beleef die ergste verbleiking ooit ná die staat se langste, ergste mariene hittegolf. Wetenskaplikes sê tussen verlede Augustus en Mei vanjaar het warmer water aansienlike hittestres op die riwwe veroorsaak. Daarom het baie van die korale van die alge ontslae raak wat hulle lewe en kleur gee. […]
# Die Stad Tshwane sê Magalies Water het hulle in kennis gestel van ‘n beplande wateronderbreking vandag by die Themba-waterbehandelingsaanleg, Renstown-reservoir en -toring. Die toevoer sal van 7-uur tot 5-uur afgesluit word. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê ‘n span gaan ‘n vloeimeter installeer. Hy voeg by dat verskeie gebiede in Hammanskraal wateronderbrekings sal […]
# Die ANC sê hoewel hy kennis neem van die toenemende stemme wat opgaan teen swart ekonomiese bemagtiging, is die wette nodig om transformasie te bevorder. ‘n DA-beleidsdokument vra die verwydering van wat hy beskryf as vernietigende ANC-beleid soos swart ekonomiese bemagtiging en grond-onteiening. Die ANC sê ontledings van 2023 en verlede jaar toon die […]
# Die Gautengse LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, bring vandag ‘n oorsigbesoek aan twee groot padrehabilitasieprojekte, in Irene, Tshwane en in Midrand, Johannesburg. Die doel van die besoek is om die werk wat tans aan die gang is en die huidige stand van die projekte te evalueer. Die departement se woordvoerder, Lesiba Mpya, […]
# Mahindra Suid-Afrika het ʼn nuwe voertuigmonteeraanleg by die Dube TradePort spesiale ekonomiese sone in KwaZulu-Natal geopen. Die fasiliteit kan een-duisend Pik Up-enkel- en dubbelkajuitmodelle per maand aanmekaar sit en die vermoë vergroot indien aanvraag toeneem. Dis ook ontwerp om nuwe modelle te bou wat Mahindra in die komende jare in die land bekend wil stel. […]
# ‘n Dosent in Beeldende Kunste aan die Universiteit van Fort Hare, Natasha Bezuidenhout, is aangewys as een van die top vyf finaliste vir die 2025 Bag Factory Artists’ Commission. Die Bag Factory is ‘n eietydse, visuele kunsorganisasie sonder winsbejag in Johannesburg. Kunstenaars is gevra om werk te skep wat ateljeeruimtes herverbeeld as samewerkende, volhoubare […]